Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"Citrusdal is 'n besonderse mooi omgewing tussen sitrusplase om in te kuier. Naby om te ry na Algeria, Clanwilliam en natuurlik Kadoesie padstal."
"Daar is baie om te doen en te sien in die omgewing van Groot-Brakrivier. Daar is selfs 'n "Day care centre for husbands" in Klein Brak waar die mans kan bly as die vroue wil gaan "shop"."
"Pragtige dorp en alles is mooi groen en skoon. Word mooi na gekyk. Ervaar 'n rustigheid as mens so deur die woonbuurte ry."
"Wonderlike stad. Moederstad van Suid-Afrika. Daar is nie nog 'n Tafelberg in die wêreld nie."
"Oulike dorpie, met allerhande winkels om iets te gaan kyk of koop. Beeldskoon met fantastiese ou bome en huise. Die natuurreservaat op 'n mens se stoep. Net te lekker."
"Ons was daar op Rugbytoer by Gimnasium. Almal in die area was baie vriendelik en behulpsaam. Mooiste plekke gesien en meeste was binne 'n radius van 30 km uit mekaar uit."
"Die dorpie self het bietjie te oorontwikkel en sy rustige Karoo-stilte verloor."
"Velddrift sal in sommiges se behoeftes voorsien, maar talle sal teleurgesteld weggaan."
"The tuck shop and food stall were a life saver, especially with kids who would've been crying every eve having to wait on our braai."