Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Ek dink Hartenbos is 'n wonderlike toeristebestemming. Die mense is baie behulpsaam en vriendelik. Almal groet jou. Die lewenskoste daar is definitief goedkoper as hier in Gauteng waar ons bly. Ek het 'n wonderlike tyd daar gehad. Sal enige dag weer gaan."
"Verkeer in Kaapstad is maar altyd besig. Soos wat die toeriste toeneem, is die kriminele element ook aan die toeneem. Toenemende armoede is baie meer opvallend in Kaapstad en omliggende dele, en dit is 'n kommerwekkende en angstige gevoel om te sien hoe vinnig dit besig is om te gebeur."
"Paarl is pragtig, maar kort regtig meer bekostigbare, ordentlike verblyf."
"Mooiste plek en beste vakansiebestemming ooit. Gelukkig is ek hier gebore, maar dit bly net mooi en rustig."
"Grabouw has always been on my list to visit and it didn't disappoint us. The only concern is that a few of the restaurants listed were temporarily closed so places to eat in the evening were rather scarce. The wine farms in the area were delightful and the staff were exceptionally good."
"Dit is 'n pragtige dorpie met vriendelike mense. Orals was die diens uitstekend. Beslis 'n plekkie wat jy moet besoek."
"Witsand is 'n bestemming wat dag by dag al dieper onder mens se vel klim soos mens die ritmes by inval. Ek het verwagtinge gehad en dis alles oortref."
"Jacobsbaai is pragtig. Daar is 'n groot winkelsentrum naby in Vredenburg, vir alle benodigdhede."
"Hou nie baie van Prins Albert nie, maar die area buite die dorp is vir my fantasies. Mal oor die Karoo."
"Baie staproetes om te doen, pragtige area van Suid-Afrika en daar is ook 'n heerlike Ou Meul."