Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"My eerste keer daar! Fantastiese, mooi plek. Vol oulike restaurante en straat kafees, kunsplekke, buitemark en oulike winkeltjies! Pragtige strande. My nuwe vakansieplek!"
"Die Kaap se algemene dienste, pad en onderhoud is net uit die boonste rakke! Waar wet en orde gehandhaaf word en mense trots is om na die omgewing en ander om te sien. Dankie aan die owerhede en mense wat 'n beter toekoms vir Suid-Afrika na streef."
"Dis soos om in 'n ander land te wees, baie goeie dienslewering en toeriste-aantreklikhede."
"Baie lekkerder plek as wat mens sien van die hoofstraat waarmee jy deurry. Besoek 'n paar restaurante op pad na Kango en draai af in die klein straatjies!"
"Lekker kusdorpie vir in die see swem, draf langs die strand en in die buurt, lekker gaan stap en selfs 'n oulike mark oor Paastyd en Kersfees. Nuwe spesiale restaurant ook in die dorp."