Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Pragtige, ou geboue en huise oral in die dorp. En die groot, ou eikebome dra by tot die karakter van die dorp. Net jammer dat daar op Saterdagaande resies gejaag word met motors in die hoofstraat."
"Struisbaai sal altyd my nommer1-kampeerplek wees. Ek kies ook die see omdat dit die suidpunt van Afrika is."
"Daar is winkels om kosvoorraad aan te koop en 'n heerlike seekosrestaurant, Alegria."
"My "hometown" was regtig lekker om weer 'n slag daar te kuier. Werklik 'n alles in een geraak. Nie nodig vir stad toe gaan nie."
"Beslis 'n goeie plek om vakansie te hou. Weer het nie saamgespeel nie maar was nog steeds fantasties."
"We visited Oudtshoorn this time for the KKNK, which certainly did not disappoint. Years ago our family went to see the Cango Caves, Ostrich farms, etc. Oudtshoorn is an interesting town and is well worth visiting."
"Idilliese klein dorpie met pragtige landskappe en woonhuise. Die kultuur is 'n unike ervaring. Beslis 'n plek om te besoek."
"Pragtige dorp. Die weer en vele aktiwiteite maak Mosselbaai beslis een van my gunsteling vakansieplekke. Alle groot winkels en mediese sorg is beskikbaar. Definitief 'n plek om weer te besoek."
"Daar is so baie om te doen in Kaapstad. Selfs die erge wind van die naweek het ons nie gekeer om 'n goeie tyd te hê nie."
"Pragtige dorpie, net jammer oor die verval in die dorp. Slaggate en geen straatligte maak die baie moeilik om in die aande in Oudshoorn te ry."
"Hermanus bly maar eenmaal uitstekend! Die rustigheid en pragtige see-uitsig bring 'n heerlike kalmte vir die gees. Dis altyd lekker om hierheen te reis om jou batterye van lewe weer te vervul. Mens verlaat Hermanus met 'n nuwe gesindheid en word weer lus vir die lewe!"