Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.54 uit 5 gekry volgens 23258 resensies.
Dawid T. - 1st April 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Swellendam is 'n baie onderskatte dorpie met great mense en restaurante - puik oornaggeriewe en gasvrye mense en restaurante!
Johane V. - 1st April 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Die area bied baie om te doen en die natuurskoon is asemrowend.
James P. - 1st April 2016
staying in De Kelders, Wes-Kaap
If you want to relax then De Kelders is for you!
Dereen V. - 1st April 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Vriendelike mense, oulike dorpie, mooi plekke en 'n moet as 'n mens Kaap toe gaan.
Rita K. - 1st April 2016
staying in Mosselbaai Gholflandgoed, Wes-Kaap
Ongelooflike plek!
Marco L. - 1st April 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Ek hou baie van Langebaan.
Minnie B. - 31st March 2016
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Rustige en netjiese kusdorp - sal weer daar 'n draai maak!
Donique S. - 31st March 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Mooi uitsig en lekker om so naby aan die see te wees!
Erik K. - 31st March 2016
staying in Pinelands, Wes-Kaap
Love it!
Willie V. - 31st March 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Mooiste dorpie met pragtige ou huise.
Willie V. - 31st March 2016
staying in Calitzdorp, Wes-Kaap
Pragtige dorp met die mooiste ou huise.
Nikki K. - 31st March 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Cute, small town.
Flip V. - 31st March 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Baie mooi.
Ernst L. - 31st March 2016
staying in Oranjezicht, Wes-Kaap
Unieke ou wonings.
Tisha S. - 31st March 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Wilderness offers a beautiful clean beach, great restaurants and lovely walks along the river/lagoon.
Braam F. - 31st March 2016
staying in Little Brak, Wes-Kaap
Lekker swemstrand vir kleintjies.
Annetjie S. - 31st March 2016
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Eerste keer wat ons daar kom en ons was baie verbaas. Dit is stil en rustig, baie lekker om te gaan stap op die paadjies langs die see en tog is jy binne enkele minute by winkels om jou kosvoorraad aan te vul. Die omgewing is pragtig. Stukkie hemel op aarde.
Esta K. - 31st March 2016
staying in Boggomsbaai, Wes-Kaap
Pragtige, rustige plekkie met een van die mooiste strande.
Fransa B. - 31st March 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige dorpie! Vermy die Swartbergpas - dis 'n nou grondpadpaadjie oor die berg! Tensy jy senuwees van staal het! Baie mooi uitsig van daarbo af!
Morne D. - 31st March 2016
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Fantasties.
Dawid D. - 31st March 2016
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Dis die heel mooiste plek in die Kaap om te bly, en baie sentraal geleë.
Mariehette L. - 31st March 2016
staying in Stanford, Wes-Kaap
Stanford is 'n kuierplek met heerlike eetplekke. Mariana en Springfontein is 'n moet! Ons het heerlik gekuier in Springfontein se Barn wat net om die draai is en dit is 'n heerlike, cozy, pragtige en rustige uithangplek in die aand wat glad nie duur is nie. Op pad uit die dorp koop 'n heerlike vars brood en ander lekker prentjiemooi eetgoed by die Ou Meul. Gaan gerus na die kaasplaas en gaan proe bier net buite die dorp. Heerlik!
Gerhard C. - 31st March 2016
staying in Vanwyksdorp, Wes-Kaap
As jy rus en vrede soek, is Vanwyksdorp jou nuwe reisbestemming.
Ashley C. - 31st March 2016
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Al die nodige winkels is sommer lekker naby mekaar geleë en ons sal beslis terugkeer na Somerset Wes.
Louise D. - 31st March 2016
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
Het ongelukkig nie tyd gehad om regtig deur die dorpie te gaan nie, maar sal beslis weer vir 'n besoek gaan.
Leoni K. - 31st March 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
'n Pragtige Karoodorp - 'n moet vir elke reisiger.
Zanre N. - 31st March 2016
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Melkbosstrand is 'n rustige en baie mooi bestemming. Dit is ook naby Kaapstad en omgewing. Lieflike strande om sommer lekker ver te stap.
Eddie J. - 31st March 2016
staying in Albertinia, Wes-Kaap
Het die grootste en heerlikste roosterkoeke.
Koos D. - 31st March 2016
staying in Houtbaai, Wes-Kaap
Houtbaai is pragtig!
Charles C. - 31st March 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Ons is by al die besienswaardighede baie vriendelik en professioneel behandel. Die gidse by Kangogrotte, Cango Wild Live Ranch (Ed) en High Gate Volstruis plaas was uitstekend. So lank KKNK deel van Oudtshoorn bly sal ek die dorp gereeld besoek. Die KKNK was soos gewoonlik uitstekend.
Christo B. - 31st March 2016
staying in Witsand, Wes-Kaap
Witsand is 'n klein plekkie, met die vriendelikste mense, wat sommer dadelik in jou hart in kruip!
Nazel V. - 31st March 2016
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Pragtige dorp, wonderlike mense en fantastiese KKNK 2016!
Rudolph F. - 31st March 2016
staying in Klaarstroom, Wes-Kaap
Die regte plek om na toe te gaan as jy wil wegkom van alles af.
Roxanne H. - 31st March 2016
staying in Kleinbaai, Wes-Kaap
Baie mooi plek om te besoek!
Christelene W. - 31st March 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Stil en rustige plekkie, baie lekker toeristebestemming.
Dorothy D. - 31st March 2016
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Alles wat jy benodig is in die omgewing.
Marianne L. - 31st March 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Die mooiste plek met soveel om te doen!
Katrien D. - 30th March 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Ons het net oornag en het nie kans gehad om rond te loop nie. Die idee wat ons gekry het is dat dit 'n lekker kuierplek kan wees. Die Saterdag Mark was 'n wenner.
Jacques M. - 30th March 2016
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Dis die omgewing waar ek grootgeword het, en natuuurlik kom ek gereeld terug uit Gauteng hierheen. Beste plek in die wêreld.
Paul V. - 30th March 2016
staying in De Rust, Wes-Kaap
De Rust se gasvryheid is alom bekend. Stop, staan oor, beleef, loop van die een interessante plek na die volgende en jy sal die kultuur van De Rust saam met jou neem. Dankie De Rust en die inwoners vir julle vriendelikheid en gasvryheid.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za