Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35758 resensies.
"Aangesien dit Paasnaweek was was alles in Calitzdorp toe gewees, wat heeltemal verstaanbaar is."
"We were amazed with the cleanliness of the city. Views of Table Mountain absolutely amazing. Would definitely recommend Cape Town as a travel destination."
"It is a lovely place. The Golden Mile Beach is beautiful. We will definitely be back."
"Ons kom gereeld op Yzerfontein omdat dit vinnig bereikbaar is vanaf die Paarl. Daar is baie goeie restaurante en die winkelsentrum is uitstekend. Die dorp is pragtig skoon en word goed onderhou. Mense is vriendelik en behulpsaam. Strande is mooi skoon en mense met rolstoele kan ook die strand bereik."
"Die mooiste stad in die mooi provinsie. Die beste keuse vir 'n vakansie!"
"Very beautiful and easily accessible from Cape Town, but have been there many times now and not much new to do."
"No, it's a preferred petrol stop, however, Beaufort West is not considered a travel destination according to many."
"Besig, maar wat vir my die meeste aandag getrek het, is die Afrikaanse mense rondom ons. Ons het tot so ver as Tsitsikamma gereis in die 6 dae van ons verblyf in Danabaai, Mosselbaai. Die mense is almal vriendelik en so bedagsaam."
"'n Pragtige deel van ons land wat min mense sien! My man het Desember vir die eerste keer die roete gesien en kon nie glo dis so mooi nie - veral die bergpasse. Indien jy deur Ashton/Robertson beweeg, stop by die ou Stasiemark in Ashton vir ete/inkopies. By Robertson is daar die laventelplaas of bootjie by Viljoensdrift. Montagu se ou Art Deco-hotel is ook pragtig om te besoek."
"Nie te naby of te ver van die Kaap vir 'n naweek nie. Mooi omgewing wat baie bied om te doen."
"Kyk maar altyd na die windvoorspellings om reg te wees daarvoor."
"St. Helenabaai is 'n klein dorpie, maar het 'n paar restaurante, 'n lekker Spar en 'n apteek. 'n Pragtige groot strand en dis rustig. Daar het baie ontwikkeling plaasgevind in die laaste paar jaar, maar dit behou steeds die klein kusdorpie-gevoel."