Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 34191 resensies.
Andrea V. - 24th November 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
A beautiful and special seaside small town for couple getaways and with lovely beaches! We will definitely come again!
Kobus S. - 24th November 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Tulbagh is 'n dorpie wat enige mens kan geniet en het die perfekte gevoel van 'n klein dorpie. Intieme plekke waar jy so verwelkom word, jy voel soos 'n inwoner. Besonderse mense en baie lekker wynplase in die area.
Amone R. - 24th November 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Mooiste plek. 'n Stukkie hemel op aarde wat mooi weggesteek is. Rondom Yzerontein is daar baie ander strande om te sien. Melkbos, Blouberg en Langebaan is net 30 minute weg (Langebaan het 'n mall). Dis 'n lekker klein dorpie met die vriendlikste mense wat altyd regstaan om te help. Van die viswinkel tot die nethied van die Spar is alles die moeite werd en sal ek enige iemand aanraai om 'n draai te maak. Die strand is mooi skoon en die son sak reg voor jou. Sal beslis weer kom kuier!
Naomi R. - 24th November 2016
staying in Durbanville, Wes-Kaap
Durbanville is baie netjies en dis 'n pragtige area. Miskien 'n bietjie te besig vir my, maar andersins definitief 'n besoek werd. Het lanklaas so groot verskeidenheid winkels in een plek gesien.
Schantal T. - 24th November 2016
staying in Rondebosch, Wes-Kaap
Lekker sentraal.
Ankia W. - 24th November 2016
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Pragtige uitsigte, rustiger as die meer bekende bestemmings in die omtrek en steeds naby ander dorpe. Besienswaardighede en doendinge sluit Stanford se winkeltjies, Hermanus se wynplase en heerlike strande in.
Dries S. - 24th November 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Wildernis bly een van land se mooiste bestemmings met baie om te sien en te doen.
Elma L. - 24th November 2016
staying in Greyton, Wes-Kaap
Greyton is die mooiste dorpie.
Francois D. - 24th November 2016
staying in Robertson, Wes-Kaap
Moenie die streek miskyk nie. Hier is baie om te doen en te geniet.
Riaan S. - 24th November 2016
staying in Villiersdorp, Wes-Kaap
Die dorp is baie stil op 'n Saterdagaand, maar ons aandete by Teewaterskloofdam was lekker. Net jammer dat daar nie meer eetplekopsies beskikbaar is nie.
Cara O. - 24th November 2016
staying in Albertinia, Wes-Kaap
Baie stil en klein dorpie.
Amanda S. - 24th November 2016
staying in Klapmuts, Wes-Kaap
Klapmuts is sentraal en verskeie interessante plekke is maklik bereikbaar.
Audrey S. - 23rd November 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Mooiste dorpie.
Regina D. - 23rd November 2016
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Dit bly maar een van die mooiste plekke op aarde!
Irene F. - 23rd November 2016
staying in Silversands, Wes-Kaap
'n Pragtige gedeelte van Bettiesbaai met 'n ongerepte lang strand. Dis heerlik stil en weg van die stadsgeluide. 10 uit 10!
Elmarie V. - 23rd November 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Skoon en die ideale vakansie - beste eetplekke. Die strand is baie mooi. My nommer een bestemming.
Raynier V. - 23rd November 2016
staying in Doringbaai, Wes-Kaap
Stil plekkie by die see vir rus en vrede.
Jamey J. - 23rd November 2016
staying in Heroldsbaai, Wes-Kaap
Heroldsbaai is 'n baie mooi plek en die ideale plek vir 'n vakansieganger.
Andre S. - 23rd November 2016
staying in Pearly Beach, Wes-Kaap
Baie stil, rustig en ordentlik.
Yolandi J. - 23rd November 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Pragtige plek.
Piet T. - 23rd November 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
'n Heerlike basis vir 'n Weskus-kuier.
Ananda V. - 23rd November 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Bly asseblief so ongerep! Moenie meer kommersialiseer nie! Dit lyk nog soos die Weskus behoort te lyk!
Riana N. - 23rd November 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Love the Strand, but sometimes quite windy. Luckily it is near a lot of lovely places to visit.
Chris V. - 23rd November 2016
staying in Klawer, Wes-Kaap
Goed om deur te ry en rustig, maar die tyd van die jaar is daar nie veel te doen nie. Klawer-wynkelder was 'n goeie besoek. Die dametjie het 'n baie goeie wynproe aangebied.
Anne-marie G. - 23rd November 2016
staying in Robertson, Wes-Kaap
Baie sentraal gelee, pragtige natuurskoon.
Maritha D. - 22nd November 2016
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
'n Baie besige strand en paaie tot in die stad is 'n nagmerrie!
Vanessa T. - 22nd November 2016
staying in Plattekloof, Wes-Kaap
Lovely place for a holiday.
Bart D. - 22nd November 2016
staying in Glencairn Heights, Wes-Kaap
Ideally situated between Simon's Town and Muizenberg, and Kommetjie is nearby. I don't think Glencairn Heights in itself is 'n tourist attraction, but 5 to 10 minutes drive takes you to the beaches of False Bay and the Atlantic seaboard.
Anton M. - 22nd November 2016
staying in Wilderness Heights, Wes-Kaap
Dis pragtig, kort meer bewusmaking veral hier in die stede.
Annamarie M. - 22nd November 2016
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Pragtige plek!
Pierre P. - 22nd November 2016
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Geen klagtes nie. Alles oor Moselbaai is soos verwag.
Johan D. - 22nd November 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Wat ’n wonderlike dorpie.
Sulet V. - 22nd November 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Daar is nie veel te doen behalwe loop, eet, rus en swem nie, maar die eetplekkies is lekker, klein winkeltjies is oulik en die mense is vriendelik. 'n Heerlike vakansiedorp met breë strate en groot ou huise. Jammerte is dat daar soveel leë besigheidspersele in die dorp is. Miskien is dit 'n geoeie geleentheid vir 'n entrepreneur!
Zimasa M. - 22nd November 2016
staying in Constantia, Wes-Kaap
Area is very quiet and peaceful.
Mark D. - 22nd November 2016
staying in Plattekloof, Wes-Kaap
Ideaal vir selfsorgverblyf.
Johan B. - 22nd November 2016
staying in Hout Bay, Wes-Kaap
Baie oulike plekkie. Alhoewel Mariners Wharf sterk aanbeveel word, moet mense die moeite doen om verby te ry en by Snoekies iets te eet – lanklaas sulke lekker seekos geëet!
Gerhard H. - 22nd November 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Baie sentraal vir diegene wat 'n bietjie in die Wes-Kaap wil toer, en 'n baie goeie en netjies se strand.
Chris V. - 22nd November 2016
staying in Grabouw, Wes-Kaap
Grabouw bied 'n hele paar versteekte juweelwynplase, buiten die baie bekende Peregrine Padstal. Lekker plek, Afrikaans, minder hoofstroom as Stellenbosch. Puik!
Deon G. - 22nd November 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Lekker halfpad tussen Kaapstad en Bloemfontein.
Danie J. - 22nd November 2016
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Sal beslis meer in daardie omgewing oorbly!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za