Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Klein dorpie met 'n groot hart vir gasvryheid, baie plekke om te gaan eet en kuier. "
"Daar is baie om te sien en te doen. Die toere wat jy vooraf kan bespreek is baie goed georganiseer."
"Ek ken die Paarl redelik goed, maar nie my gesin nie. Ons sal beslis weer kom. Ek wil hulle nog die Taalmonument ook gaan wys! My man wil ook weer gaan. Alhoewel ons familie het daar, wil ons graag by ons eie plekkie oornag."
"Covid 19 het ongelukkig baie van die besighede swaar getref."
"For a 7 day holiday I find it is a bit far from other possible places to visit. Knysna, by nature, can be viewed as a destination to visit when you want a relaxed holiday. Otherwise be prepared for driving +50 km."
"Baie stil omgewing vir iemand wat net wil ontspan van die besige stadslewe. Vriendelike mense wat jou tuis wil laat voel. See Kaia Restaurant gee waarde vir geld, baie baie lekker geëet."
"Baie ryk aan geskiedenis en rustige omgewing naby groot winkels en baie vir jonk en oud om te doen. "
"Mosselbaai is asemrowende mooi bestemming met soveel om te doen. Twee dae gans te min om te kuier."
"Ons het verlief geraak op Stellenbosch. Dit het al ons verwagtinge oortref. Die atmosfeer; kwaliteitrestaurante, koffiewinkels, snuisterywinkels en inwoners van Stellenbosch is fantasties. Alles wat jy nodig het om te sien is net 30 tot 40 minute se ry uit Stellenbosch uit. Die beste ankerpunt om jou vakansie volmaak te begin en af te sluit. Dit sal julle seker nie verbaas dat ons uitkyk vir eiendom op ons oudag in Stellenbosch nie."
"Ons tyd was beperk, maar die netheid van die dorp, mooi en goedversorgde tuine was opvallend. Baie besienswaardighede en goeie restaurante."
"Dit is 'n karaktervolle dorp vol geskiedenis en en die besonderse, skoon omgewing en vriendelike inwoners help om jou te laat voel dat 'n Franschoek-besoek die moeite en uitgawe werd maak. 'n Besoek aan die Hugenote Museum is 'n moet. Eetplekke verskil in prysvlakke wat dit vir alle sakke 'n ete in karaktervolle eetplekke moontlik maak."
"Swellendam het baie karakter met al die historiese huise en geboue. Interessante winkeltjies, restaurante en koffiewinkels. Daar is baie piekniekplekke en staproetes en natuurreservate in die omgewing en dan natuurlik die pragtige Langeberg."
"Pragtige, netjiese en skoon dorp geleë tussen lieflike berge. Meer as genoeg restaurante om van te kies."
"Yzerfontein, oor die algemeen, is 'n wonderlike plek, al is dit net vir 'n dag-kuiertjie. Lekker eetplekke en netjies, en see-uitsig is pragtig."
"Teater groot trekpleister. Verskeidenheid eetplekke met gehaltekos. Die slaghuis is tops!"