Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 34191 resensies.
Ray B. - 30th August 2016
staying in Plettenbergbaai, Wes-Kaap
Baie lekker kuier-area.
Dirk K. - 29th August 2016
staying in Table View, Wes-Kaap
Baie mooi plek. Skoon en netjies. Lekker eetplekkies. Gerieflik naby middestad asook ander pragtige strande soos Blouberg En Melkbos.
Celia K. - 29th August 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Hermanus is 'n pragtige kusdorp wat baie vir toeriste bied.
Braam M. - 29th August 2016
staying in Britanniabaai, Wes-Kaap
Mooi wêreld en sal dit graag weer besoek vir 'n langer tydperk.
Jacobus V. - 29th August 2016
staying in Parow, Wes-Kaap
Deel waarin ons was geen probleem nie.
Henk B. - 29th August 2016
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Die dorp beskik oor alles wat nodig is. Die strate is effens nou in sekere areas. Verder lekker klimaat en sal weer daar gaan vakansie hou.
Isme O. - 29th August 2016
staying in Claremont, Wes-Kaap
Claremont is 'n redelike ou woonbuurt soos dit vir my voorgekom het, maar naby aan waar ek wou wees en ek het selfs daar alleen gaan stap teen vroegaand en nooit bedreig gevoel nie. Sommige huise lyk verwaarloos en ander is weer splinternuut opgedoen, maar ek het veilig daar gevoel. Omdat my tyd beperk was, het ek nie veel rondbeweeg nie, want ek was van 9-5nm weg met 'n kursus. Ek weet nie wat daar te sien is nie, maar die apteek was loopafstand van my af, so ook ander winkeltjies en kafees. Verder weet ek nie veel nie. Dit is nie te ver van UCT nie alhoewel die verkeer 'n nagmerrie in die oggend sowel as die aand is, maar vir my was dit 'n positiewe ervaring.
Pieter H. - 29th August 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Wonderlike rustige dorpie. Geskik vir 'n rus-vakansie.
Yolanda K. - 29th August 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Rustigheid vanself. Ongerepte natuurskoon. Nog nie deur kommersiële ontwikkeling geskend nie. Hoop dit sal nog vir jare so wees.
Tersia P. - 29th August 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Die rustigheid van die dorpie tref jou van aankoms tot ons vertrek het.
Ina G. - 29th August 2016
staying in Elandsbaai, Wes-Kaap
Elandsbaai is maar 'n klein dorpie, maar perfek vir oorslaap.
Ina G. - 29th August 2016
staying in Nuwerus, Wes-Kaap
Nuwerus is 'n baie klein plekkie, maar perfek vir oorslaap.
Jean F. - 29th August 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Dit is 'n bitter lekker plek.
George B. - 29th August 2016
staying in Century City, Wes-Kaap
Ek hou van Century City. Dit laat my dink aan Waterfall-city in Midrand. Die area is mooi skoon en word goed onderhou. Die winkelsentrum het alles was jy benodig met 'n Numetro cinema en baie eetplekke. Baie veilig en netjies.
Anton G. - 29th August 2016
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Uitstekende uitsig oor die berg en see.
Joggie V. - 29th August 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Beslis die moeite werd om die historiese dorpie te besoek.
F. D. - 28th August 2016
staying in Drie Ankerbaai, Wes-Kaap
Uitstekende ligging. Centraal gelegen en mooie omgeving en boulevard. Half uurtje lopen naar Waterfront.
Renate N. - 28th August 2016
staying in Barrydale, Wes-Kaap
Was net teleurgesteld dat die wynkelder in Barrydale nie oop was op 'n Sondag.
Lida G. - 28th August 2016
staying in Clanwilliam, Wes-Kaap
Clanwilliam is baie sentraal geleë wat dit 'n goeie toeristebestemming maak.
Dirk K. - 28th August 2016
staying in Witsand, Wes-Kaap
Lieflike kusdorpie.
Dirk K. - 28th August 2016
staying in Vanrhynsdorp, Wes-Kaap
Pragtige kokerbome en sentraal geleë vir blommekyk en ander besienswaardighede in die omgewing.
Maria S. - 28th August 2016
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Lekker vakansie-area.
Annatjie S. - 28th August 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Die Map of Africa was 'n spesiale belewenis. Alle mense moet net daarvan weet. Daar was ook 'n vrywillige gids wat 'n mens rondwys en detail vertel. Uitsig na see ook baie spesiaal. Wildernis-strand 'n wonderlike stap werd met baie mooi spoelklippe en skoon sand. Die restaurant in die ou stasiegebou 'n besoek werd. Klein winkeltjies ook baie interessant.
Adele S. - 28th August 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Bird Island baie geniet.
Adele S. - 28th August 2016
staying in Nuwerus, Wes-Kaap
Goed geleë vir Namakwaland-toere.
Henk B. - 28th August 2016
staying in Van Riebeeckstrand, Wes-Kaap
Plek is skoon en binne loopafstand van die woonstel. Onthou, dis Kaapse strande en die water is koud.
Milka E. - 27th August 2016
staying in Parow, Wes-Kaap
Parow is sentraal geleë vir 'n hele paar hospitale en dagklinieke.
Japie N. - 26th August 2016
staying in Mosselbaai Gholflandgoed, Wes-Kaap
Die personeel by die gholfklub was 'n plesier om mee te gesels en hulle het my vriendelik ontvang en gehelp. Dit is iets wat selde by veral gholflandgoed-klubs gebeur. Al die personeel by die klub was deurgaans opreg en vriendelik.
Dirk K. - 26th August 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Vredenburg is n groot dorp wat 12 km vanaf Jacobsbaai geleë is. Daar is 'n groot mall met al wat 'n winkel en eetplek is. Jacobsbaai self het egter net 1 eetplek en 'n klein plaaswinkel. Die internet-ontvangs is baie gebrekkig, maar vir mense wat wil wegbreek van alles is Jacobsbaai ideaal. Dit is ook prentjiemooi met pragtige wit huisies en veldblomme. Ander plekke soos Paternoster en Tietiesbaai is lekker naby om te besoek. Jacobsbaai moet gesien word!
Dirk K. - 26th August 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Baie mooi, netjiese dorp. Lekker stappaadjies. Pragtige blomongewing. Sal weer Lambertsbaai besoek.
Dirk L. - 26th August 2016
staying in Hout Bay, Wes-Kaap
Beste "Fish & Chips " in die land!
John T. - 26th August 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Het lanklaas sulke vriendelike en behulpsame mense ontmoet. Sal Lambertsbaai beslis weer in die toekoms besoek.
Elsa K. - 26th August 2016
staying in Riebeek-Kasteel, Wes-Kaap
Riebeek-Kasteel is bietjie van 'n geheim. Mooie plek (ek raak regtig liries daaroor) en ook sentraal geleë om plekke naby te besoek.
Nadia S. - 26th August 2016
staying in Franschhoek, Wes-Kaap
Fanschhoek bly pragtig en bied iets vir almal.
Deidre M. - 26th August 2016
staying in Velddrif, Wes-Kaap
Nie rêrig enigiets om te doen nie.
Dirk L. - 25th August 2016
staying in Wellington, Wes-Kaap
Pragtige dorp en omgewing!
Jo-anne K. - 25th August 2016
staying in Voorbaai, Wes-Kaap
Ons het meer tyd nodig gehad om dit ten volle te geniet.
Friedel V. - 25th August 2016
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Die petty crime is nogal iets wat 'n mens pla wanneer 'n mens daar is. Veral wanneer jy gewaarsku word dat mense snags in vakansiegangers se karre inbreek. Dit gesê, ons het heerlik gerus!
Stefan F. - 25th August 2016
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Baie rus vir die siel te vind hier!
Christie B. - 25th August 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Road works prevented us from exploring and bamboozled our GPS - momentarily.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za