Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 59829 resensies.
"Baie lekker. Mense is baie vriendelik en erg behulpsaam. As ek weer gaan, vat ek definitief die kinders saam."
"Die omgewing is pragtig met talle wynplase en goeie restaurante. 'n Baie aangename ondervinding."
"Dis 'n prentjiemooi dorpie - dalk nie vir almal nie. Daar is beperkte besighede, maar as jy na stilte en Karoo-rustigheid soek, is hierdie die plek vir jou. Dit maak mens weer mens!"
"Die Knersvlakte is ook geskik vir blommebesigtiging na goeie reën, alhoewel verskillend van die Nieuwoudtville-area."
"Goeie restaurante en 'n mooi kuslyn maak verblyf 'n aangename ervaring. Winkels is interessant en pryse is min of meer billik. Pragtige omgewing."
"Jare na ons eerste besoek is dit duidelik dat Lambertsbaai soos baie van ons plattelandse dorpe, agteruit gaan en sekere areas verval. Maar Lambertsbaai en die area regverdig steeds 'n besoek van 2 dae. Restaurante is baie goed en die inwoners is vriendelik en behulpsaam."
"Baie mooi dorp. Lyk my restaurante nie in oorvloed in die dorp nie. Sal weer soontoe gaan."
"'n Klein seedorp met pragtige stande en vriendelike mense. Die grotte met die boesmantekeninge is 'n baie cool bonus. Perfekte Weskus-bestemming vir 'n naweekwegbreek."
"The people were friendly and helpful to share ideas on what to do and see."
"Piketberg het nog niks verander nie. Ken dit al jare, kort goeie winkels, winkels nie almal geleë bymekaar nie."
"Vir wynproe en rondreis is Calitzdorp 'n uitstekende, sentrale bestemming. Dis veral geskik vir mense wat (soos ons) die omgewing op bergfietse wil verken!"