Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Die Breë Riviervallei met al die wingerde en wynkelders is 'n fees om te sien. Worcester is so sentraal geleë en dus ideaal vir besoeke aan die omgewing en ander dorpe. Met sy groot winkelsentrum is daar oorgenoeg fasiliteite vir inkopies. "
"Baie lekker om in Gordonsbaai te vakansie. Dis darem nie in Kaapstad self nie. Uit die bedrywighede van die stad."
"Die dorpie het vanaf 2018 tot nou effe agteruit gegaan en ek was vir al teleurgesteld dat Bird Eiland so agteruit gegaan het en verwaarloos voorgekom het. Baie van die inligtingsborde was byna onleesbaar en by die inligting sentrum was daar geen TV's met inligting, swak diens en die hele plek het baie verwaarloos voor gekom. Dit is 'n groot jammerte want ek voel dit is 'n groot aantrekkingspunt vir toerisme."
"Paarl is 'n pragtige plek en soveel wat gesien en gedoen kan word om enige persoon se nuuskierigheid te prikkel."
"Pakhuispas is 'n moet sien, ook die rooibosteewinkel is die moeite werd."
"Panorama is 'n baie stil en netjiese woonbuurt en is gerieflik naby die Panorama MediClinic en winkel komplekse geleë."
"Ons was verras oor die groei en ontwikkeling wat plaasgevind het in Hermanus."
"Kampsbaai op 'n naweek is oorvol - te veel mense en verkeer. Dit is nie meer die toeristebestemming van vroeër nie."
"Baie naby Ladismith en beslis die moeite werd om deur die poort te ry. Pad is goed en rotsformasies baie mooi. "
"Groenpunt is naby genoeg aan ander besienswaardighede in Kaapstad. Die nou strate maak parkering moeilik, maar die area het baie publieke vervoer. Daar is ook sekuriteitswagte op diens, darem is die buurt redelik veilig, selfs saans."
"Ons het al by baie plekke in Clanwilliam oorgebly, ons hou van die dorpie en sy mooi omgewing."
"Ons het van die naby geleë restaurante gebruik gemaak. Dit is 'n pragtige en veilige area."
"Hartenbos is 'n uitstekende vakansiebestemming vir almal wat wil wegbreek na die see en naby die winkels wil wees."
"Stil en aangename omgewing uit die stad, maar tog in die stad. Die verkeer is egter 'n probleem uit die stad na Nuweland."
"Verkeer is iets om te ervaar, spitstyd begin teen omtrent 15:00. Mense is baie beleef en versigtig."
"Wildernis Is 'n little Hamlet. Heerlikste restaurante en atmosfeer. Pragtige strande."
"Scarbourough is 'n pragtige wegkruipdorpie met interessante kuierplekkies en ongelooflike natuurskoon."
"Ons ken Hermanus baie goed en Hermanus/Onrus sal altyd 'n spesiale bekoring vir ons hê. Met al die toeriste daar in hierdie tyd voel dit amper asof mens nie in Suid-Afrika is nie. Dis 'n skoon dorp met vriendelike mense!"
"We went to Darling to the Voorkamerfees so did not spend much time in Yzer. However, we did a lovely walk on the beach."