Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Paddagang Fijne Wijne het die heerlikste hoender schnitzels en Moniki is 'n oulike plekkie met interessante sjokolade. Sal definitief albei plekkies voorstel om te besoek en dis net 5 minute uit mekaar!"
"We absolutely love the Around the Pot cycling event that is hosted yearly in this beautiful town."
"Dit is die ideale vakansiebestemming veral vir ouers met kinders. Daar is genoeg aktiwiteite om kinders en ouers besig te hou."
"Reg langs Century City geleë wat die groot besigheidsdistrik is van die Kaap. Letterlik 7 minute geleë van die Century City Konferensie Sentrum en Canal Walk Inkopiesentrum. Maklik om by die Waterfront uit te kom. 'n Wel geleë area om te bly vir 'n sakereis. "
"Almal baie gawe mense met wie ons in aanraking gekom het en hulle is trots op hulle dorp en bemark dit."
"It is a very tranquil place. Perfect for allowing one to concentrate on the job. "
"'n Aandoenpunt vir reisigers wat langer verblyf benodig. Sal graag meer tyd hier wil spandeer tydens 'n toekomstige rit!"
"Baie lekker dorpie om in te kuier. Oulike winkeltjies en restaurante. Vlok Kasteel het my beïndruk."
"Stil plek en rustig. Moet nog net leer die mooi land van ons bevat alle rasse groepe wat ook vakansies hou."
"Dis 'n pragtige plek, maar seker baie beter om in die somer te besoek. Nostalgies met die hawe en bootritte. Ek hou van die restourante op die hawe en Chapman's Peak se natuurskoon is pragtig. Ek het net ongelukkig 'n gevoel gekry dat dit nie veilig is om 2 mense alleen te gaan stap nie en dit maak die besoekie ongelukkig negatief. Dalk as daar 'n sekuriteitswag met 'n hond die kort staproete patrolleer, sal toeriste (veral vroue alleen), veiliger voel. Of as daar 'n aanduiding is hoeveel km die roete is. Houtbaai is werklik pragtig, dit praat met die siel."
"Glo met die regte verblyf kan dit 'n baie aangename plek wees om by te kom rus en voedsel vir jou siel te kry."