Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35120 resensies.
"Baie mooi skoon dorpie. Sal weer graag wil kom draai, aangesien my tydjie net te kort was. Ek het baie tyd by Braeside Gastehuis spandeer om voor te berei vir troue - lieflike mooi plek. En dan daardie baie mooi wit NG kerk in die dorp - priceless! Baie oulike winkels ook."
"Dit is lastig dat die enigste twee kruideniers winkels om 18:00 toemaak - inteendeel personeel by beide was alreeds om 17:45 nie gretig om van hulp te wees nie. As 'n besoeker dus saans eers rondom hierdie tyd daar aankom - sorg dat u reeds u aankopies gedoen het! Het bogenoemde 4 aande in 'n ry ervaar."
"It’s a cool little place along the R62. You definitely have to stop at the Karoo Moon Motel right at the entrance of Barrydale, coming from Capetown. This cafe is a fun place to have a break and look around, especially for kids. And at the end of this town still on R62 is a very stylish cafe as well. Other than that it is a very neat and quiet town with not too much to do (at least over the weekend), but as we only spent one night we were not looking for more activities and didn’t look for them either. We found two nice restaurants and ate at a local one called Mez. If you want a quiet and safe stop, stop on the way to Oudtshoorn and have a nice coffee break we recommend this town highly!"
"Lieflike dorp. Twee baie aangename nuwe restaurante. Jammer om te verneem die Weskusplek het toegemaak. Lieflike dorp om net te gaan stap!"
"Oulike plek met gematigde klimaat. Net reg vir die binnelanders wat kus toe wil kom!"
"Ja. Die Bovlei-area is nogal iets om te sien, die uitsig is pragtig tussen al die berge en daar is baie om te doen, veral vir wyn liefhebbers. "
"Dis 'n rustige Weskusdorpie met onbeperkte stap en swem strande, afgerond met die pragtigste sonsondergange denkbaar."
"Die parkering by die Spar-sentrum is net 'n probleem anders is dit 'n baie lekker plek."
"George is vir seker die skoonste dorp wat ek in 'n lang tyd teëgekom het - hou so voort George Munisipaliteit!"
"The sea, lagoon, wind sports, nice eateries and the upgraded roads make Langebaan one of the nicest places to visit."
"Doringbaai se ongereptheid en eenvoud maak dit die ideale bestemming vir 'n goeie wegbreek."
"Dit is 'n baie lekker plek om by te wees. Dit is voorwaar 'n rykmansdorp. Die eetplekkies is ook baie gerieflik. "
"If views and stunning settings and wine tasting and food is what you are looking for then you will be in the right place. "