Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.58 uit 5 gekry volgens 39539 resensies.
Abre O. - 13th December 2015
staying in Strand, Wes-Kaap
Baie akkommodasie op Kusweg beskikbaar, maar min eetplekke beskikbaar of dan swak bemarking van plekke weg van Kusweg geleë.
Retha Z. - 13th December 2015
staying in Kenilworth, Wes-Kaap
Awesome.
Elise S. - 12th December 2015
staying in Kaapstad, Wes-Kaap
Ons is mal oor die Kaap. Dis een van die beste toeristebestemmings in die wêreld! Somerset Strand is besonder goed geleë om die hele area te verken. Dis naby aan Kaapstad, die wynroetes, Cheetah Outreach, Ooskus en Weskus. Fantasties!
Mike S. - 12th December 2015
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Old world style village atmosphere and buildings to match. Pity the historic Mill needs another renovation, and the Swartberg pass must be repaired after the last rains.
Aimee L. - 12th December 2015
staying in L'Agulhas, Wes-Kaap
Sweet, little town by the sea, walks and runs along the board walk to the southern tip of Africa are a must before having a swim in one of the tidal pools. A climb to the top of the lighthouse also offers wonderful views, although if any one suffers from vertigo it is definitely not a good idea.
Christelle C. - 11th December 2015
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Ek stel voor al die plekke kry lugreëling aangesien Tulbagh BAIE warm kan word.
Maryna W. - 11th December 2015
staying in Groenpunt, Wes-Kaap
Pragtige, netjiese en veilige omgewing.
Desire O. - 11th December 2015
staying in Plettenbergbaai, Wes-Kaap
Great place...will most definitely see me again!
René V. - 11th December 2015
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Net pragtig! Mens ruik, hoor en sien net die heeltyd die see! Wonderlik!
Minette V. - 11th December 2015
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Pragtigste in die Kaap volgens my opinie.
Friedrich H. - 11th December 2015
staying in Worcester, Wes-Kaap
Pragtige berge en lieflike uitsigte.
Freda J. - 11th December 2015
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Pragtig plek.
Minette B. - 11th December 2015
staying in Bellville, Wes-Kaap
Die ligging van die gastehuis is perfek, strate is netjies en goed gemerk dus kan jy maklik by jou bestemmings uitkom.
Piet D. - 10th December 2015
staying in Plettenbergbaai, Wes-Kaap
Ons besoek Plettenbergbaai reeds sedert 1965. Nou eerste keer by KRL. Plett is puik en lekker. Indien dit nie so was nie, sou ons nie gereeld terug gegaan het nie. PLETT WORD STERK AANBEVEEL.
Bennie B. - 10th December 2015
staying in Big Bay, Wes-Kaap
Ek wil 'n huis daar koop.
Kara M. - 10th December 2015
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Onrus / Hermanus is lekker! Die weer is aangenaam (Desember) en daar is ietsie vir almal!
Albertus V. - 10th December 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Paternoster is so 'n pragtige vissersdorpie met volop kreef wat jy kan koop. Ongelukkig raak die bedelkultuur 'n probleem wat maar ook elders in die land is. Ons sal Paternoster beslis weer besoek. Daar is pragtige eetplekkies en snuisterywinkels.
Melinda H. - 10th December 2015
staying in Robertson, Wes-Kaap
Net baie warm, maar lekker.
Belinda D. - 10th December 2015
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Ek het dit geniet. Ek het op Swellendam skoolgegaan en daarom was dit vir my baie spesiaal om te sien hoe die dorp gegroei het. Ek kon weer al die museums besoek wat ek as kind besoek het. Daar is baie om te sien in en om Swellendam.
Jan V. - 10th December 2015
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Baie aangenaam, was baie warm maar gaan nie kla oor die weer nie. Dit was baie lekker.
Jannie Z. - 10th December 2015
staying in Strand, Wes-Kaap
Goed geleë. Naby alles en heerlike strand om te gaan stap. Saans heerlike koel luggie.
Deon D. - 10th December 2015
staying in Sandbaai , Wes-Kaap
Oulike plek hier neffens die Blou Dam.
Nikette L. - 10th December 2015
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Pragtige dorp. See voor jou en berge agter jou. Wat mooier wil 'n mens dan hê?
Warren B. - 10th December 2015
staying in Paarl, Wes-Kaap
Ek het grootgeword in Paarl, maar het die dorp sowat 25 jaar gelede verlaat en dis 'n groot plesier om as toeris terug te keer. Baie om te doen en pragtige omgewing.
James K. - 10th December 2015
staying in Langebaan, Wes-Kaap
In die blomme tyd is dit 'n lekker oorbly dorp.
Leon L. - 10th December 2015
staying in Stellenbosch, Wes-Kaap
Ons het in 2004 die geleentheid gehad om Stellenbosch te besoek vir slegs een daggie. Maar dit was meer as genoeg om hals oor kop verlief te raak op die besondere plek, die hele streek rondom Stellenbosch is sprokiesagtig mooi en beeldskoon asook die mense se hartlikheid, vriendelikheid en gasvryheid.
Silvana S. - 9th December 2015
staying in Montagu, Wes-Kaap
Een liefelijke plek met zeer vriendelijke mensen, genoeg te doen in de directe omgeving.
Wald F. - 9th December 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Lieflike Weskus dorpie.
Abrie C. - 9th December 2015
staying in Stellenbosch, Wes-Kaap
Lekker tussen die wynlande.
Brian A. - 9th December 2015
staying in Knysna, Wes-Kaap
Baie plekke waar jy kan kuier.
Lisa C. - 8th December 2015
staying in Matjiesfontein, Wes-Kaap
Enige in sy soort, ryk aan geskiedenis, 'n juweel in die middel van niks en nerens.
Eduard T. - 8th December 2015
staying in Darling, Wes-Kaap
Darling Museum is uitstekend!
Stirling K. - 8th December 2015
staying in Robertson, Wes-Kaap
Die gholfbaan is baie mooi en speelbaar en die hoofstraat het al die geriewe.
Rocky L. - 8th December 2015
staying in Strand, Wes-Kaap
Lekke plek, sal weer gaan, goeie diens, goeie ligging.
Rocky L. - 8th December 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Very nice!
Annelize H. - 8th December 2015
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Nice vibe!
Jennifer M. - 8th December 2015
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Lekker plekkie vir 'n wegbreek.
Giel M. - 8th December 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Baie lekker eet- en kuierplekke. Paternoster is skoon en lug is vars. Strande is skoon en veilig.
Beyers S. - 8th December 2015
staying in Darling, Wes-Kaap
Darling is baie mooier en interessanter as wat mens verwag. Die inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig. Dis 'n nice plek.
Johann F. - 8th December 2015
staying in Keurboomstrand, Wes-Kaap
Keurboomstrand is die perfekte wegbreekdorpie. Met die naaste winkels en vulstasies in Plettenbergbaai beleef mens werklik rus en vrede. Die natuurskoon, draf/staproetes, strande en Enrico se restaurant maak die bly onvergeetlik.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]