Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"First time visiting Tulbagh and it exceeded our expectations. It is an ideal area for a relaxing weekend away, with mountains all around."
"Die mense in Knysna is saamgesnoer deur die brande verlede jaar en baie slegte herinneringe is vir ons vertel maar meer nog die goeie dinge wat daardeur gebeur en plaas gevind het rondom hul ondervindinge. Hulel vertel almal net van die gemeenskap wat so saam gestaan het en hulp wat van orals oor ingestroom het."
"Kan geen kommentaar lewer oor Beaufort nie, aangesien ons net daar oornag het."
"As jy van hardloop hou is die Rondebosch Common Parkrun en die omgewing uiters geskik daarvoor."
"Dis 'n baie netjiese en skoon dorp.mHulle doen baie moeite om hul ou geboue netjies in stand te hou. Lekker eetplekke en vriendelike mense."
"Leer ander plekke ken waar jy nie gewoonlik bly nie. Veilig om daar te bly!"
"Die WiFi het geen opvangs nie en die mikrogolfoond het ook nie gewerk nie. Ek het my warmsakkie nog in die mikrogolf vergeet, wou dit warm maak en sodoende uitgevind dit werk glad nie."
"'n Plek waar jy weer net kan wéés, rustig en in eenvoud, met baie gasvrye inwoners!"
"Ongelukkig was ons te kort daar om baie kommentaar te lewer, maar daar waar ons was is ons met soveel vriendelikheid en gasvryheid ontvang dat ons besluit het om beslis vir meer as 1 nag terug te keer na Montagu."
"Dis 'n oulike dorp met genoeg om te doen. Daar is als wat mens wil hê behalwe 'n fliek. Maar nogmaals is dit 'n lieflike plek."
"Dis 'n rustige stil en natuurskoon area naby alle geriewe en winkels. Baie sentraal geleë en ook nie ver van bekende toeriste aantreklikhede nie."
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Eendracht Hotel"Heerlike restaurante en koffiewinkels binne stapafstand. Veilige omgewing."
"'n Interessante, skoon, netjiese dorpie. 'n Voorbeeld van wat die Suid-Afrikaanse platteland kan wees. "
"Wilderness is a delightful area that combines beach, forest and Fynbos areas, along with a delightful little village. There are good restaurants and interesting shops for when the weather is inclement."