Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Pragtige strande en heerlike swemplekke. Lekker sandduine om te hardloop, asook ideale plek vir fotograwe."
"Ons verblyf was skoon en netjies en huisie was goed toegerus, maar ons sal nie weer daar gaan bly, bloot oor die geraas van bure en die houtvloere en dun mure. Klein balkon weg van jou huisie waar jy kan sit en braaigeriewe ook nie na wense nie."
"Die vraag oor Lessenaargeriewe in ons kamer was vir ons irrelevant. In die kombuis was 'n heerlike groot tafel wat 100% aan ons behoeftes voldoen het."
"Om eerlik te wees, as kind het ek baie daar gaan vakansie hou. My enigste probleem nou is dat ek voel dat Hartenbos word meer 'n besigheidsbestemming as vakansiebestemming met al hierdie nuwe waterfronts en malls wat tans daar gebou word. Alles kos geld en toegang tot die strand is ook nie meer so maklik bekombaar soos 'n paar jaar gelede nie. Baie hartseer om dit te sien gebeur."
"Die ZAR restuarant kan beslis aanbeveel word. En 'n eetplekkie buite die dorp. Bagdad. Die kos was puik. Die diens ook."
"Hou al jare daar vakansie. Baie lekker vakansiedorp. Oktober net baie stil in vergelyking met Desember. Is maar gewoond aan Desember se bedrywighede. Sal weer gaan!"
"Wat 'n asemrowende mooi dorp! Ons was absoluut weggevoer na 'n ander era met ons besoek aan die Drostdy-museum, die Tronk, Ambagswerf en die Mayville huis. Vir 'n skamele R25 het besoekers/toeriste toegang tot al hierdie besienswaardighede. Aandete by Woodpeckers was uit die boeke (soos deur ons gasvrou, Elize voorgestel). Absoluut die besoek werd. Swellendam, ons kom weer!"
"Net oorgebly en nie as toeris daar gebly nie. Was voorheen langer daar en dit was baie interessant."
"Lieflik, gerieflik en hoogs aanbeveel as jy uit die gewoel van Hermanus self wil uitkom. Alle denkbare geriewe op jou voorstoep en 'n klipgooi van die hoof besienswaardighede van Hermanus."
"Dis 'n bietjie ver van Kaapstad en sy aktiwiteite, maar 'n wonderlike bestemming op sy eie."
"Prins Albert is 'n pragtige oase van 'n dorp, met baie om te doen en te sien. Hier wil ek weer kuier!"