Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35606 resensies.
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is, wat nog hulle hoed afhaal en respek het, baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is. "
"Baie mooi plek met vriendelike mense en skoon strande. Een baie opvallende ding, was die verkeer. Mense het nog respek vir ander padverbruikers, respek vir verkeersbeamptes/wetstoepassers. Ek gaan terugkeer vir 'n kuier Mosselbaai toe, maar baie beslis vir 'n langer periode."
"Ons eerste besoek hier en met geen vooropgestelde verwagtings. Vir ons was aangenaam."
"Vir my persoonlik die mooiste dorpie. Rustigheid van dorpie en uitsig by see sal my altyd bybly."
"Yzerfontein is die lekkerste dorp aan die Weskus om bietjie weg te kom van al die lawaai in die stad. Salig en pragtig. Die mense in Yzerfontein is ongelooflik vriendelik en bedagsaam en daar is 'n paar eetplekkies met die lekkerste kos. Wat jou vakansie na Yzerfontein ook lekker maak, is dat as jy wil rond toer is die ander mooi dorpies aan die Weskus net 'n entjie weg, jy kan Paternoster toe vir die dag, Jacobsbaai, Darling om net 'n paar te noem. Dis die see- en bos-ervaring saam, wat meer wil mens dan nou hê!"
"Loved the atmosphere and hospitality spirit of the people and places in Paarl."
"Skoon en netjiese dorp. Ek het waardering vir die munispaliteit en die mense van Jongensfontein wat moeite doen om hulle dorp netjies en skoon te hou. Die dorp lyk ook nie 'moeg' nie."
"Fantastic choice of restaurants and so welcoming. Beautiful reserve and picnic area at the river."
"Fantastic choice of restaurants and so welcoming. Beautiful reserve and picnic area at the river."
"Vir visvangdoeleindes. Dis nie 'n varswatervisvang area, wees meer ingerig vir see-visvang. Vat regte aas en gereedskap saam."
"Buitewyke van Robertson en wynplase pragtig. Sal dit weer besoek. Robertson self - ek glo nie."
"Perfectly positioned, for exploring the Garden Route, and an easy drive from Cape Town."
"Nature's Valley is fantasties! Ongelooflik rustig en die natuurskoon is van die beste in die wêreld! Gaan stap gerus gedeeltes van die Otter-staproete en neem jou kanoe en SUP saam! Ons het 'n fantastiese tyd gehad!"
"We loved the market in town, so nice and neat and organised! The tractor ride at Capedry fruit through the farm is a must see before you go to the shop. It gives you an idea how the fruit are dried. A lot of different products to buy! Taste amazingly fantastic!"
"Langebaan bied alles wat 'n mens in 'n vakansie soek. Ons het gholf gespeel en ek kan die Gary Player signature gholfbaan aanbeveel vir enige gholfer."