Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36382 reviews.
"Regte plattelandse dorpie met pragtige berge om na te staar! Mense met wie ons gesels het was regtig baie vriendelik en aangenaam. En beste van alles dit is naby genoeg aan Kaapstad tog vêr genoeg van die gejaag van die stad af."
"Dit is 'n wonderlike plek om te kuier en vir vakansies al is dit net vir 'n naweek om 'n bietjie weg te kom vanaf die huis. Sal dit voorstel."
"Montagu is a place I would love to retire. So beautiful and friendly."
"Die verblyf waar ons gebly het was baie oulik, geen klagtes daaroor. Wat Lambertsbaai betref, ons het nie van die hoeveelheid bedelaars in die dorpie gehou nie. Daar het ook 'n paar verby die verblyf geloop wat uit die aard gebedel het. Dit is onaangenaam, omdat hul ook maklik in die verblyf kan inkyk. Dit is dus 'n steurnis aan jou rus en vrede. Ons het ook nie baie veilig in die dorpie gevoel wanneer ons daar rondgeloop of gery het nie. Ons sal nie weer daarheen gaan vir 'n vakansie nie."
"Ongelukkig 'arm' aan winkels, waar nood kos items gekoop kan word, maar die omgewings is 'ryk' aan natuurskoon."
"Die dorp Ladismith is nie veel om na uit te sien, maar die omgewing is fantasties."
"Ek het nooit gedink Hoekwil het sulke mooi plekkies nie, maar is 'n mooi en rustige plek."
"Gaan gerus en besoek Kalky's restaurant in Kalkbaai. Wat 'n ondervinding."
"Ek sal altyd seefront verblyf by Bloubergstrand aanbeveel, siende dat jy die see kan sien en hoor, die strand is lekker om langs te stap en jy kan Kaapstad en Tafelberg in die verte sien. Dit is ook goed geleë om Kaapstad self en die wynlande te besoek."
"Witsand is ideaal as mens van die stedelike gewoel wil wegkom. In die omgewing is interessante plekke om te besoek: die pont by Malgas, de Hoop natuurreservaat, Infanta. Heidelberg het pragtige ou geboue en ' Aan de Kanaal' koffiewinkel is 'n moet. "
"Zeer gunstig gelegen om de wijngbieden van de Wes kaap te bezochten. We zullen deze lokatie aanbevelen aan vrienden."
"Grabouw self is bietjie rof maar naby aan alles. So rondom Grabouw se dorp is daar baie om te doen."
"Dis gerieflik naby Kaapstad, maar nie in die gewoel van die stad. Pragtige uitsigte van Valsbaai met die berg om."
"Daar is so baie in die omgewing. Ons was tot by Franschhoek, Bonnievale, Montagu en Worcester. Pampoenstal was 'n belewenis. Dit is opvallend hoe goed die paaie versorg word selfs die grondpaaie. Dorpies is ook skoon en netjies. Sal beslis weer hierdie area wil besoek."
"Pragtige omgewing. Dit was vir ons lekker dat dit net so 'n entjie uit die besige gedeelte van Hermanus is. Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Sal beslis weer hier wil vakansie hou."