Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 34945 resensies.
"Dis die ideale plek om te gaan ontspan - lees, eet, stap, drink wyn, gaan ry op die boot by Viljoensdrift, lees, eet, stap en drink nog wyn. Daar is wonderlike restaurante en kunsgalerye in McGregor."
"Die personeel in die besighede is baie vriendelik. Dit laat mens welkom voel. Iets wat ek in sommige van die kusdorpe nie ervaar het nie."
"Ideaal vir iemand wat die natuur wil geniet. 'n Bietjie vêr van winkels af, maar dit is nie noodwendig negatief nie."
"Lekker seedorpie met wonderlike restaurante, naby genoeg aan Kaapstad maar ver genoeg om die rustigheid van die area te ervaar."
"Die ligging is ideal vir verkenning van omliggende plekkies terwyl dit tog ook bietjie rustigheid bied. "
"Paternoster is 'n pragtige dorpie. Ons kuier elke keer lekker daar. Heerlikste restaurante en 'n pragtige kuslyn."
"Muisbosskerm is 'n moet. Maar 'n mens gaan Lambertsbaai toe om te rus, daar is nie baie toeriste aantreklikhede."
"Na ons ongeluk met ons huurmotor moes ons 'n verklaring by Klapmuts se polisie stasie gaan lewer het. Die diens was so flink en vinnig, ons was binne 5mmin daar uit."
"Had lunch at the Weskus Kombuis, fish and chips excellent, the Kookfontein sauvignon blanc, a pleasant surprise (did not know about the estate). Staff friendly and efficient."