Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6854 resensies.
"Ek het geen negatiewe kommentaar oor Vredenburg nie. Dit is baie sentraal geleë, en naby alles, met baie gerieflike besienswaardighede."
"Jacobsbaai is a bit far from tourist attractions, you must be willing to drive out to see places and attractions that Cape Town has to offer. But for total relaxation, I would highly recommend this place. "
"Die winkeltjie kan net meer opsies gee, maar verder is die plekkie diep in my hart. Ek kuier al vir jare op Strandfontein, die beste."
"Klawer is die tyd van die jaar in sy glorie, ryk aan druiwe, dit lyk asof ons in 'n ver land was, tog is ons net van Vredendal. Lekker Klawer."
"Street names not visible on all street corners, difficult to locate at night time. Water ways very clean, and well-kept, and birdlife an extra bonus. "
"Jacobsbaai is pragtig en daar heers rustigheid oor die dorp. Die Weskusplek Restaurant kan hulle spyskaart verbeter, die 4 opsies op die spyskaart was nie beskikbaar toe ons bestel het nie."
"Beveel dit aan vir enige persoon dis 'n wonderlike, rustige area. Alles is naby winkel, aktiwiteite en see. Sal beslis weer gaan. "
"Pragtige dorpie met vriendelike mense. Muisbosskerm was 'n hoogtepunt. Sal die plek as vakansiebestemming sterk aanbeveel."
"Dis 'n rustige omgewing en vriendelike mense. Indien jy wil wegbreek van die gejaag waarin ons almal sit, is dit absoluut die plek om heen te gaan."
"Restaurante is tops en die strande is lieflik sowel as die inwoners. Almal is vriendelik. "
"Weskus rustigheid op sy beste. Brittaniabaai is deel van die Golden Mile - lieflike strandgebied vir stap/draf en kuier by die see. Ideaal geleë om die res van die Weskus te verken."
"Uitstekende plekkie om weg te kom van die stad se gevoel, maar ook naby genoeg winkels indien nodig!"