Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6600 resensies.
"Dorp en strand baie mooi, skoon en netjies en die nuwe winkelsentrum, in aanbou, sal 'n groot aanwins wees vir die dorp."
"Paternoster is die een plek wat ons weer en weer sal besoek. Daar is geen ander plek soos Paternoster nie. Ons besoek dit nou al vir 25 jaar en elke keer beplan ons dadelik wanneer ons weer Paternoster toe gaan!"
"Dis baie geskik vir besigheidsreisigers in die week en vir troues oor naweek. Daar is nie swembad of veel te doen so nie geskik vir kinders wat die ekstras verwag."
"Die tieners vind ongelukkig nie veel te doen daar nie. See koud en die Suidooster maar geniepsig November/Desember."
"Yzerfontein is die perfekte wegbreek. Daar is soveel om te doen in en om die dorpie. Behalwe vir die lieflike strand, waar jy kilometers ver kan stap, is die dorpie nog nie so groot, dat jy van die rustigheid verloor nie. Mens voel veilig en kan net skoene uitskop en ontspan."
"Shaldene Jordaan en Gretchen Schrader by Stay in Paternoster kantoor was baie vriendelik en behulpsaam."
"Lambertsbaai is die plek om te wees. Ek sal dit voorstel aan enige person wat 'n kuierplek soek."
"A peaceful fishing village but if you expecting more than total relaxation and the beach, then it's probably not the place for you. "
"Die basiese benodigdhede kan jy sommer op die dorpie kry en as jy regtig meer benodig, is Velddrif om die draai. Die plaaslike restaurantjie bied ook goeie waarde vir geld. "
"Die eenvoudige vissersgemeenskap-bekoring gemeng met moderne gemak en ontwikkeling is definitief 'n wenresep. Heerlik gekuier by 'n paar verskillende watergate en die kunselement is uiters gepas. Hier kan jy definitief doen waarvoor jy lus is. Van niks tot alles."
"So lekker om te sien dat paternoster nou ook 'n brouery oop het en dat paternoster so 'n mooi klein dorpie op sy eie is, maar ek sal weer binnekort kom kuier."
"Yzerfontein lyk nou soos 'n upmarket high-density behuisingsprojek, maar die permanente inwoners is vriendelik en gasvry, die natuur is asemrowend, daar is interessante stappies en oulike winkels en restaurante. "
"Ek is 'n voorstaander vir Weskus en Langebaan was nog altyd my plekke waar ek skuiling soek net om weg te breek van die middestad se gevoel en geraas en om eerlik te wees, 'n man is gelukkig waar sy familie gelukkig is."
"Lekker langs die lang wit stand geloop. Desiree/James het ons van al die moet-sien-plekke vertel en ook van goeie, bekostigbare eetplekke vertel. "
"Skoon lug en pragtige see-uitsig. Net die beste om die gemoed te kalmeer na 'n besige jaar."