Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6600 reviews.
"Die dorp is heerlik stil en skoon. Lekker om bietjie weg te kom van die stad se gejaag. Sal definitief weer teruggaan Dwarskersbos toe in die toekoms. "
"Ons het min tyd gehad om die dorp en omgewing te verken, maar dit wat ons kon sien was interessant. Die broeikolonie van malgasse was 'n aangename verrassing."
"Ek het grootgeword aan die Weskus en is lief vir die plek. Die mense is baie vriendelik en mens voel baie tuis."
"Jy moet dit self ondervind. Daar is nie woorde nie. Twee nagte is te kort. Die tyd vlieg verby."
"This was our first visit to Port Owen and we thoroughly enjoyed the long weekend. A visit to the Marina and Charlie's Brew is a must. Loved watching the anglers at Laaiplek as well."
"Paternoster is klein genoeg om 'n wegbreek van die gedruis te beleef. Die mense is vriendelik en behulpsaam."
"Vir die persoon wat lekker wil gaan rus en kop skoonmaak, is Lambertsbaai die plek. Immers daar gebore en sal altyd my wortels daar gaan optel. "
"Die WP se Paternoster lyk soos Griekeland se Mykonos en is goed ingerig vir toeriste. Goeie verblyf, veilig, strate goed bygehou en lekker eetplekke."
"Raak minder aantreklik soos tyd aanstap, vanweë oorbevolking en digtheid van behuising. Die intieme kusdorp-gevoel is finaal weg. "
"Nooit geweet dat Hannasbaai so 'n mooi strand is nie en so mooi strandhuise op die see het nie. Baie beïndruk"
"Paternoster is 'n regte droomdorpie, goed geleë tussen soveel mooi plekke en naby Weskus Mall as mens aankope wil doen. Jammer net dat die crime so 'n probleem is, maar andersins was dit net 'n voorreg om daar te kon wees."
"St Helena is a very nice place if you looking for that quiet break away it is the perfect place to go."