Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6814 reviews.
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste uitsig oor die see en baai. Die perfekte plek vir 'n rustige naweek of oorslaapplek."
"Alhoewel Velddrif baie na aan my hart lê, is dit altyd 'n wonderlike ervaring, weg van die stadslewe. Die ontvangs van die warmhartige Weskussers is ongelooflik. Jy moet dit self ervaar om te kan waardeer!"
"Very beautiful and peaceful area. Excellent breakaway destination to relax a bit. Not too far from the shops and restaurants."
"Stil, rustig, veilig en beskik oor alles wat mens nodig het vir 'n skoene uitskop vakansie."
"Die restaurante in die dorp is ongelooflik. Sommige besighede is egter besig om besoekers uit te buit met buitensporige pryse en sodoende skiet hulle hulself in die voet. Ons het bv. by Oep ve Koep 'n emalje maatbekertjie gesien teen R450! Dit het ons dadelik laat omdraai, want ons het genoeg kennis van luukse artikels om te besef dat dit skaamteloos te veel is. Ek het verlede week vir 'n Wedgewood vasie van dieselfde grootte R250 betaal."
Longacres Country Estate, West Coast
Long Acres Bahamas Accommodation"We would definitely be going back again when we get a chance. Awesome place, neat and clean and so close to all amenities."
"Paternoster is een van die mooiste dorpies met 'n pragtige strand en oulike eetplekkies - die perfekte plek om vakansie te hou! "
"Moenie moeite doen om die Pantie bar op Paternoster te besoek nie. Baie onvriendelike kroegman. Die res van die plekkies is baie mooi."
"Rustige plekkie, vriendelike assistente in die winkels wat maklik met jou gesels en hulpvaardig is."
"We loved the area, no noise pollution. Nice quiet neighbourhood. Good place to retire."
"Jacobsbaai is ongelooflik mooi en baie rustig. As jy 'n bedrywige plek soek, is die nie vir jou nie. Daar is nie veel te doen behalwe rus nie! Heerlik. Lekkerste restaurant, beste ribbetjies wat my man nog geëet het."
"Die aangenaamste, rustigste plek in die hele Wes-Kaap. As jy wil rustigheid weg van stad se gejaag af hê, is Paternoster die regte plek."
"Die plek Lambertsbaai is 'n geselige plekkie. Net te min onthaalgeriewe en winkels en nie geskik vir 'n wegbreek die tyd van die jaar nie. Dit is te koud en te veel wind."
"Goeie plek om te slaap as jy blomme gaan kyk of net 'n rustige wegbreek van die geraas van die stad af wil hê. Lekker wynplase in die omgewing om te verken."