Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 6547 reviews.
"Dit is net jammer dat Lambertsbaai, soos alle mooi plekke so agteruit gaan, maar 'n moet besoek vir elkeen wat nog nie daar was nie."
"'n Heerlike, rustige atmosfeer met vriendelike mense. Beslis 'n moet as jy daardie kant is. En baie sentraal geleë om uit te ry na Elandsbaai en Verlorenvlei."
"Die dorpie is stil en rustig. Presies wat 'n mens benodig as jy wil wegbreek van die stad se gewoel."
"Die Weskus is 'n uitsonderlike deel van SA. Dis altyd 'n bederf om daarheen te gaan."
"Onopgesmukte wegbreek plekkie, omring deur karaktervolle dorpies."
"Baie lekker om in Dwarskersbos te kan bly en Velddrif en die Rocherpan park wat so naby is."
"Ek was nie eintlike beïndruk met die dorp self nie, maar sal weer teruggaan vir die Grotjie."
"Paternoster is an unknown, yet beautiful treasure. The people are very nice, the vibe of the people by the beach is great and the quaint heartiness of small villages is fantastic."
"Ek is mal oor Lambertsbaai. Dis 'n plekkie wat jou sielsrus gee en dat jy die nuwe week weer kan aanpak met 'n geruste hart. Beste plek om bietjie tyd te bestee, veral Isabellas Restaurant was baie lekker. "
"As jy rustig wil wees en die natuur wil geniet, is Paternoster die plek. Indien jy hou van winkelsentrums bly weg."
"Ons het geëet by Weskus plaaskombuis op die hawe. Die seekos-platter was baie lekker en goeie waarde vir die prys. Ons het ook Clanwilliam toe gery wat baie plekke het om by te woon. Die Rooibosfabriek het baie goed om te koop, heerlik rooibos produkte."
"Fantastiese vakansiedorp. Stil en rustig, maar naby genoeg aan die stad om ook dit te beleef."