Verified Reviews
Witsand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Witsand
Rated 4.6 out of 5 based on 389 reviews.
"Baie mooi plek, baie rustig, meer ideaal vir hengelaars en persone wat bote het."
"Dit is 'n pragtige stil dorpie. Heerlike wegbreek van die stad se gewoel en geraas. Plekkie vir 'n luilekker vakansie."
"Witsand is die beste plek vir enige hengelaar wat sy kennis wil kom toets, maar ook die beste plek om net 'n rustige wegbreek te geniet en met die besondere vriendelike inwoners te gesels en die beeldskone natuur te aanskou. "
"Dit is die perfekte plek om weg te breek na toe om 'n rustige tyd te hê. Vriendelike mense en baie veilige plek. "
"Witsand is die perfekte ligging vir vakansiegangers wat wil wegbreek van die besige stad en winkelsentrums. Perfek vir vissermanne en ontspan op die strand met 'n boek. Nie baie winkels en restaurante beskikbaar nie, so pak die nodige kruideniersware in. Moenie verwag om hier meer te doen as net rus en tyd op die strand te spandeer nie, aangesien hier min besienswaardighede en uithangplekke is."
"Baie lekker visvangdorpie. Rustige atmosfeer, glad nie besig nie. Die dorpie se winkels is bietjie duur, so bring maar saam wat kan. Baie mooi swemstrand en uitstekend vir lang wandels."
"Besoek Witsand as jy lekker wil baljaar in die see en klein kindertjies het wat daarvan sal hou om in die poeletjies te speel. "
"Heerlik stil, rustig en hope plek op strand om te baljaar met jou dierekind."
"Eerste besoek, (vir die maraton), en baie geniet, sien uit na volgende jaar."
"Witsand is 'n moet om te besoek, veral as mens graag walvisse vanaf die strand wil sien. "