10 Elf Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 Elf Beach House is spesiaal deur 'n argitek ontwerp om sy puik ligging op die luisterryke Tuinroete tot volle uiting te bring. Die ganse voorkant van die huis maak oop op 'n breë houtdek met 'n asemrowende 180º-uitsig oor die potblou see.

10 Elf Beach House skuil in Glentana, 'n rustige kuswoonbuurt wat 'n tuiste bied vir vakansiegangers en permanente inwoners. Dit is net 'n bietjie oos van die Groot Brakrivier, sowat halfpad tussen Mosselbaai en George. Dié dorpie is veral bekend vir sy strande en fynbosheuwels wat tot teen die Indiese Oseaan strek. Die pragtige kombinasie van melkhoutbome, wit strande, en klipbanke is absoluut oorrompelend!

10 Elf Beach House is net 5 minute se ry vanaf Glentana se rustige hoofstrand wat ideaal is vir sonbrand, swem, dagdroom en salig lees in die son.

Die huis het 4 en suite-slaapkamers, 3 met see-uitsigte en Juliet-balkonne, en 1 met 'n balkon en 'n uitsig op die berg. Elke kamer is ingerig met die oog op gemak en beskik oor koffie- en teemaakgeriewe, 2 strandstoele en 1 sambreel.

'n Kontinentale ontbyt (selfhelp) word voorsien en die WiFi is gratis.

10 Elf Beach House se gastesitkamer het 'n TV met volledige DStv. Daar is 'n kaggel in die gemeenskaplike area. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar. Die huis word daagliks skoongemaak. Daar is 'n Weber-braai en 'n privaat swembadjie. 6 Parkeerplekke is beskikbaar. 2 is onderdak en 4 is oop.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 Elf Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za