10 LaMer

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Reg teen die strand! Die plekkie is ideaal geleë in die voorste ry wat uitkyk oor die Ballito promenade. Hierdie luukse drieslaapkamer-selfsorgdupleks het direkte toegang tot die strand via die braai-area en voordeur. Dit het smaakvolle meubels en slaapplek vir maksimum van 7 mense met 'n toilet en stort onder en nog 'n toilet, bad en stort op die boonste vloer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede kamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n TV en die derde kamer het 3 enkelbeddens en 'n Smart-TV. Daar is ook 'n studeerkamer.

Die eenheid spog met lugversorging en waaiers asook 180°-uitsigte oor die see vanuit al die kamers.

Daar is 'n volledig toegeruste kombuis op die onderste vloer met graniettoonbanke, 'n skottelgoedwasser, 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Daar is 'n wasmasjien en tuimeldroër bo.

Daar is ook 'n outomatiese motorhuis wat lei na die leefarea. Ekstra oop parkeerplek is beskikbaar vir 2 besoeker-voertuie.

Die eetkamer lei na die geteëlde patio met 'n Weber-braai. Dit strek na die grasperk wat die see aan sy voete het.

Die eenheid word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Daar is gratis WiFi, 'n Smart-TV en volle DStv Premium (nie nodig om jou slimkaart te bring nie) en 'n DVD-speler.

Alle linne, badhanddoeke, 1 strandsambreel en 2 strandstoele word voorsien. Swemhanddoeke nie ingesluit nie.

Die tuin het 'n hekkie wat direkte toegang bied tot die Ballito promenade. Jy kan na die rotspoele stap of die gewilde Clark's Bay openbare strand gaan besoek waar daar lewensredders aan diens is.

LaMer is 'n gemaklike stapafstand van die plaaslike Spar, Spur, ATM, haarsalon, skoonheid-spa, kroeë en restaurante af.

Ballito se nuwe leefstyl-inkopiesentrum is net 5 minute se ry ver en het al die lekker winkels vir oorgenoeg inkopie-vermaak en lekker uiteet. Ons is 20 minute se ry van Umhlanga Gateway af vir 'n meer uitgebreide inkopie-ervaring.

Gaste kan 'n Afrika-safari meemaak en die Groot 5 in hul natuurlike habitat by die gewilde Umfolozi Nasionale Park besigtig. Dit is net 2 ure se ry van ons af. Gaan op 'n prentjiemooi rit in 'n mikroligtevliegtuig en kyk hoe speel die dolfyne in die baai, of gaan besoek 'n outentieke Zoeloe-dorpie met 'n besoek aan "Shakaland". Gaste kan ook KwaZulu-Natal se asemrowende uShaka Marine World en verhitte waterpark vir kinders gaan besoek.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 LaMer gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 470 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za