10 Loader Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

10 Loader Street lyk soos 'n tradisionele huis van die straat af. Dit is 'n stylvolle drieslaapkamerhuis wat pragtig gemeubileer is en in die moderne De Waterkant geleë is.

Die huis het lugversorging en beskik oor 'n oopplan-kombuis, sitkamer en eetkamer met lugversorging wat na 'n terras met 'n swembadjie en buitestort lei. Daar is ook trappe na 'n dek op die dak waar gaste uitsigte oor die stad en op Tafelberg kan geniet. Die hoofgang skei 2 slaapkamers met lugversorging van die kombuis en die leefkamer. Die voorste slaapkamer het 'n aparte badkamer met 'n stort en bad en die tweede slaapkamer het 'n en suite-stort en lei na die swembadarea.

Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n eiland in die middel wat die hele lengte van die perseel strek en na die leefkamer met Franse vensters lei. Dié vensters lei na die swembad en terras. Daar is ingeboude braaigeriewe by die swembadarea en gaste kan op die houtdek op die dak se sonstoele en hangstoele ontspan en die uitsig geniet. Trappe lei vanaf die swembadterras na die binnehof op die grondvloer en dan na die derde badkamer met 'n stort.

Die huis het gratis WiFi indien beskikbaar, as 'n ekstra diens en apart van die verblyftarief. Die eenheid word daagliks skoongemaak, behalwe op openbare vakansiedae.

De Waterkant is na aan al die vernaamste besienswaardighede in Kaapstad. Jy kan of te voet die omgewing verken en stap tot by die V&A Waterfront, Groentemarkplein en die KIKS. 'n Kort taxi-rit sal jou tot by Tafelberg, Kampsbaai en die Wynlande bring. Vir jou verwysingsraamwerk is The Village Cafe reg langsaan ons ontvangs, dis 'n heerlike ontbytplekkie, en Cape Quarter is die naaste winkelsentrum en dit is net 3 minute se stap ver.

Slaapplek

'n Bespreking by 10 Loader Street sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 10 Loader Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 496 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za