1007 South Coast Riviera

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

'n Eenheid in die South Coast Riviera wat slegs 100 m van die strand in Sea Park, Port Shepstone, af geleë is. Die woonstel bied pragtige uitsigte oor die Mtentweni-rivier, die beeldskone kuslyn met sy wit strande en die nimmereindigende, skitterende blou water. Hierdie is 'n wonderlike bestemming vir 2 gaste wat op soek is na 'n lekker strandvakansie.

Die slaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed, vars linne, oorgenoeg pakplek in die kaste asook 'n en suite-stort en wasbak. Die aparte badkamer beskik oor 'n bad, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis en die sitkamer is oopplan, met lekker baie plek waar 'n mens kan ontspan. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas-vrieskas, 'n oond, 'n mikrogolf, 'n stoof en 'n ketel in. Die leefkamer het ekstra sitplek voor 'n platskerm-TV met 'n OpenView HD-dekodeerder. Gaste het ook die opsie om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring.

As jy op die stoep staan, sal jy die ongelooflike uitsigte kan geniet. Teug aan 'n skemerkelkie en geniet 'n ware vakansie langs die see. Stap gerus af na die strand, wat net 50 m weg is. Vir die kranige vissermanne en -vroue, is daar gulde geleenthede om lyn nat te maak in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by 1007 South Coast Riviera sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1007 South Coast Riviera gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za