Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

11 Mountain Stream

Selfsorg
Weeksdagaanbod 35% af

Kry 35% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 4 Apr 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Mountain Stream-weg 11, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 R813 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

11 Mountain Stream het 5 kothuise, naamlik Meerkat, Vuurherd, Wingerd, Ouma se Huis en Uil Huis, en bied slaapplek aan 20 gaste. Dit is op 'n kleinhoewe in Gordonsbaai geleë en bied 'n rustige plaasatmosfeer met plaasdiere.

Vuurherd is 'n ouwêreldse selfsorgkothuis wat slaapplek aan 6 gaste bied met 'n dubbelbed, slaapbank en 'n stapelbed bied. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas en mikrogolf toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele en 'n groot ingeboude braai met braairoosters, swartpotjies en 'n plaat om ontbyt op gaar te maak. Die sitarea het sitplek, boeke en bordspeletjies.

Ouma se Huis beskik oor 1 slaapkamer en bied slaapplek aan 4 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Daar is 'n slaapbank in die sitarea. Daar is 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof, 'n sitarea, eetarea en koffie- en teemaakgeriewe. Ouma se Huis het 'n stoep en 'n buitebraai-area wat omhein is.

Wingerd beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n staoelbed. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis met 'n yskas, mikrogolf en gastoof in, sowel as 'n sitarea, eetarea en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n privaat tuin, buitebraai en 'n gedeelde houtvuurwarmbad.

Uil Huis bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 dubbelbeddens. Indien daar meer kinders is, kan tente teen 'n ekstra fooi opgeslaan word om hulle te akkommoddeer. Daar is 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas en mikrogolf. Daar is 'n buitebraai-area en 'n houtvuurwarmbad.

Meerkat het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Daar is ook 'n borrelbad, braai-area en buitestort. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Indien gaste ekstra kinders saambring, kan 'n tent teen 'n ekstra koste opgeslaan word.

Gordonsbaai het talle strande, winkelsentrums, staproetes en heerlike restaurante.

Gaste kan deelneem aan die daaglikse voer van die plaasdiere, die helder sterre waardeer en die asemrowende sonsopkomste beleef. 11 Mountain Stream is net 4,7 km van die strand af en 2 km vanaf verskeie winkels. Gaste kan ook met Oscar, die vredeliewende emoe, speel. Hy soek altyd ietsie lekker om te eet.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 9 resensies vir 11 Mountain Stream
Netheid
4.4/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Ewald Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Jaar gelys 2

Ligging

  • Mountain Stream-weg 11, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink 11 Mountain Stream het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R1 250
R1 250 R813
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 250
R1 250 R813
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Mountain Stream-weg 11, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA72dea356560c8a0f2743276ca13cec46b7a5ef1bce60ceeba7ccc4c7a6f8542d8acec2f5355fb188e95570b13bbc39891377?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 250 nouVanaf R813 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 11 Mountain Stream Road Gordons Bay 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -34.146197909647 18.897369007556
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem