11 Sunrise Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

11 Sunrise Beach is ‘n selfsorgwoonstel aan die Dolfynkus tussen Ballito en La Mercy. Dis een van die grootste woonstelle in ‘n veilige kompleks, wat net ‘n entjie van die strand af is.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 kamers, 2 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n bad, stort, toilet en wasbak. Dié kamer het ook ‘n skuifdeur wat na die stoep lei. Die tweede en derde kamer het albei 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het ‘n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n toonbank met stoele en 'n wasmasjien-tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het ‘n gemaklike sitkamerstel en ‘n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na ‘n stoep met stoepmeubels, ‘n etenstafel en braaigeriewe. ‘n Bruggie lei van die stoep na die woonstel se lieflike daktuin met ‘n uitsig oor die see. Daar is ook ‘n gemeenskaplike swembad op die gebou se dak.

Slaapplek

'n Bespreking by 11 Sunrise Beach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 11 Sunrise Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 460 R2 214 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za