1201 Bermudas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

1201 Bermudas bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde drieslaapkamerwoonstel met lieflike see-uitsigte. Die woonstel is in die Bermudas-strandfrontkompleks in Umhlanga, met toegang tot die promenade. Die ligging bied toegang tot die strand en restaurante.

Dié woonstel beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6. Die hoofslaapkamer, sitkamer en eetkamer lei na 'n groot balkon vanwaar gaste lieflike see-uitsigte kan geniet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en kyk uit oor die see. Die en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde kamer het 2 enkelbeddens en het toegang tot 'n gastebadkamer met 'n stort en toilet.

Die woonstel beskik ook 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea en lei na 'n ruim balkon met buitelugmeubels. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, sowel as 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamer het 'n TV met volledige DStv-kanale.

Die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad. Gaste het toegang tot kelderparkeerplek. Die woonstel word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Slaapplek

'n Bespreking by 1201 Bermudas sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 1201 Bermudas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za