LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 13 Pyrgos - Santorini Estate | LekkeSlaap
+19

13 Pyrgos - Santorini Estate

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean-rylaan 101, Chakas Rock, Ballito, 4421, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

13 Pyrgos is 'n selfsorgwoonstel op die grondvloer in Santorini Estate in Shaka's Rock aan die Dolfynkus, net 5 km noord van Durban.

13 Pyrgos is 'n grondvloerwoonstel met slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Daar is 2 opgeknapte badkamers, 'n kombuis, en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Dié twee kamers deel 'n aparte badkamer met 'n stort. Gaste moet hul eie strandhanddoeke voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gerieflike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer maak oop op 'n veranda en 'n beskutte gedeelte van die tuin waarin jy rustig kan ontspan by jou eie Weber-braai. Daar is ook 'n buitetafel met 6 stoele.

'n Enkel motorhuis en ekstra, oop parkeerplek is beskikbaar. Sleepwa-parkeerplek is beskikbaar in 'n oop staanplek naby die ingang. Die eenheid word daagliks skoongemaak (Sondae en openbare vakansiedae uitgesluit). En daar is 'n wasmasjien wat met munte werk in die kompleks.

Santorini is 'n veilige, omheinde kompleks met patrollies en sekuriteitswagte by die ingang. Die kompleks is kindervriendelik en bestaan uit 6 "Griekse dorpies" in 'n lowerryke tuin. Daar is 6 gemeenskaplike swembaddens, 1 tennisbaan, 'n braai-area, en 'n speelgrond met 'n klimraam naby die Thompson's Bay-gedeelte van die kompleks.

Rook is verbode in die woonstel.

Slaapplek

’n Bespreking by 13 Pyrgos - Santorini Estate sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir 13 Pyrgos - Santorini Estate
Netheid
4.2/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Ocean-rylaan 101, Chakas Rock, Ballito, 4421, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 13 Pyrgos - Santorini Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ocean-rylaan 101, Chakas Rock, Ballito, 4421, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACXFVlZzmGAq277cR573gNo18KwOfYwPJKDBomNHEeQHVTp1Nfn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650  per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 101 Ocean Drive Chakas Rock 4421 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -29.5224234 31.2257364
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!