142 on 10th Street - V25
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tiendestraat 142, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 385 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
142 on 10th Street - V25 is 'n selfsorg-vakansiehuis in Hermanus, 'n gewilde vakansiedorpie aan die Wes-Kaap se suidkus. Hier is wêreldbekende walviskykplekke en gaste kan walvisse van die land af of per boot gewaar. Hermanus spog met pragtige natuurskoon, 'n gematigde klimaat, tientalle buitelug-doendinge, blomrykheid en dis ook lekker naby Kaapstad wat dit die perfekte basis maak vir gaste wat die Kaapse Overberg wil verken.
Dié huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Buite is daar 'n woonstelletjie met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser, 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die eetkamer het plek vir 10 gaste en die sitkamer beskik oor 'n kaggel, 'n gemaklike rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die eetkamer bied toegang tot 'n pragtige, omheinde tuin met 'n swembad en braaigeriewe.
Slaapplek
’n Bespreking by 142 on 10th Street - V25 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Ilanda Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 21
Jare op LekkeSlaap 6
Ligging
- Tiendestraat 142, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tiendestraat 142, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom