10% af Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 31 Mrt 2020 tot 8 Apr 2020.
Sheffield Beach Akkommodasie by 15 Sheffield Lane | LekkeSlaap
+17
+17

15 Sheffield Lane

7 resensies
Selfsorg
  • Langtermynverblyf-aanbod - Kry 10% af
  • Vanaf R2 120 R1 908 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sheffield-laan 15, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

15 Sheffield Lane is 'n ongekunstelde strandhuis met 5 slaapkamers in Sheffield Beach. Dié huis het 'n volledige uitsig oor die see en bied direkte toegang tot die strand.

Daar is slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders. Die huis beskik oor 3 storte, 1 bad en 'n buite-stort. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond en 'n skottelgoedwasser. Die oopplan-sitkamer en -eetarea het gerieflike sitplek en daar is 'n klein slim-TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder (Nie Explorer of PVR nie), kabels en slimkaart saambring. WiFi is beskikbaar.

Beperkte selfoonsein sowel as 'n TV-sein is beskikbaar.

Die huis het 'n alarmstelsel en 'n afstandbeheerde hek. Onderdakparkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en dan is daar ook oop parkeerplek vir 2 of 3 voertuie. Neem asb. kennis dat die oprit nogal steil is. Die paadjie wat toegang tot die strand bied, is ook nogal steil. Daar is 'n voltydse, inwonende huishulp. Sy is net verantwoordelik vir 'n daaglikse skoonmaak van die huis. Wasgoed is nie ingesluit nie.

Persone onder 25 jaar moet asb. vergesel word deur 'n ouer persoon.

Sheffield Beach is slegs 10 km van Ballito af en 20 km van King Shaka Internasionale Lughawe af. Gaste kan die lieflike strande geniet en lang wandelinge neem.

Slaapplek

’n Bespreking by 15 Sheffield Lane sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 7 resensies vir 15 Sheffield Lane
Netheid
3.3/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.6/5

Ligging

  • Sheffield-laan 15, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 15 Sheffield Lane het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 120
Vanaf R1 908
per nag (plek vir 10)
was R2 120
Vanaf R1 908
per nag (plek vir 10)
was R2 120
Vanaf R1 908
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sheffield-laan 15, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRjNDIzYTZmLWNlMjEtNDk5Ni05MmQxLThlMzNkMjM2OWM1Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 120, nou Vanaf R1 908  per nag (plek vir 10) 7 5 1 4 15 Sheffield Lane Sheffield Beach 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -29.492082414262 31.248438279762
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za