Thompsonsbaai Akkommodasie by 16 Les Dauphine | LekkeSlaap
+13

16 Les Dauphine

1 resensie
Selfsorg

Opsomming van Resensie

3.4 uit 5van 1 resensie vir 16 Les Dauphine
Netheid
3.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.0/5
Jackie L - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Jackie L

Lekker ruim eenheid wat baie aandag nodig het.

Die eenheid is ruim alhoewel dit nie ten volle voorsiening maak vir 8 persone nie, ons was 7 volwassenes. Die eetkamertafel het net plek vir 6 persone sowel as die TV stel. Net die hoofslaapkamer en TV-kamer het aircons in wat met 'n emmerstelsel werk, regtig! As die emmer vol is moet dit uitgegooi word en moes ons in die nag opstaan om die kamer s'n uit te gooi anders loop dit oor. Die ander 3 kamers was baie warm. Die toilette het nie reg gewerk nie, water het heeltyd geloop, en is eers die dag voor ons vertrek herstel. Ek het vooraf geskakel om seker te maak dat basiese benodigdhede in die kombuis is. Volgens my is 'n rasper, eierspaan, houtlepel, glasbak (groot genoeg vir 7 mense) vir bygeregte basiese benodigdhede. Dit was nie daar nie, maar die agent het dit wel vir ons gebring. Ek dink nie daar word toesig gehou oor die skoonmaak van die plek nie, die storte was regtig nie skoon nie en vuil merke teen die slaapkamer mure. Hoofslaapkamer se badkamer het gebreekte teël in wat regtig nie goed lyk nie en die Jacuzzi bad werk ook nie. Die onderdakstoep is wel baie lekker en het ons meeste van die tyd daar gekuier en geëet met groot genoeg tafel en stoele. Van die stoele is ook gebreek. Met my navraag voor bespreking het hul my verseker dit is die eenheid wat op die swembad uitkyk, soos op die foto, dit is wel nie so nie, dit is die agterste eenheid en kan mens nie die swembad sien nie, maar die eenheid het wel pragtige see-uitsig.

Vanaf R1 550
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean-rylaan 88, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQtMWHC5Z4NO5QtzXya2ullcpKHNt9yanioe65Z735cusfRfBRy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 550  per nag (plek vir 8) 1 5 1 4 88 Ocean Drive Ballito 4399 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.519452033375 31.227136849213
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za