17 Oceana
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ingleside-weg 13, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R8 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
17 Oceana is 'n pragtige selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Kampsbaai, Kaapstad. Dit spog met 'n lieflike see-uitsig en is sowat 10 minute se stap vanaf die gewilde Kampsbaai-boulevard geleë, waar van die Moederstad se beste restaurante te vind is.
Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in beide badkamers. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die helder en lugtige oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met genoeg sitplek en 'n sitarea met gemaklike sitplek , asook 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n balkon met meubels wat die ideale plek vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie is, terwyl gaste die see-uitsig kan bewonder. Die kompleks het ook veilige parkeerplek, 2 gemeenskaplike swembaddens en braaigeriewe.
Slaapplek
’n Bespreking by 17 Oceana sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Ingleside-weg 13, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kampsbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ingleside-weg 13, Kampsbaai, 8001, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 12