178 Club

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

178 Club bied gerieflike verblyf in Pretoria. Ons is sentraal geleë en naby Brooklyn, Menlyn Mall, die Hazelwood-sentrum en die Time Square Casino. Hier is tientalle kantore in die omgewing wat 178 Club ideaal maak vir sakereisigers.

Alle geriewe is in kamer asook werkstasie vir gaste wat saans moet werk. Talle restaurante en filmteaters in die omgewing. Besienswaardighede sluit die Voortrekker Monument, Krugerhuis, Dieretuin, Ann Van Dyk Jagluiperdsentrum, Rietvlei Natuurreservaat en die Nasionale Botaniese Tuine van Suid-Afrika in. Ons is baie naby die Pretoria Country Club.

Die verblyf beskik oor 2 en suite-slaapkamers met aparte ingange. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort. Geriewe in die kamer sluit in, lugversorging, DStv, 'n yskassie, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe.

Ontbyt kan vooraf bespreek word en 'n.Kontinentale ontbyt word in die kamer teen ekstra koste bedien. Dit sluit vrugte, jogurt en 'n toebroodjie vir werk in. Daar is ook beskuit in die kamer.

'n Rojale Engelse ontbyt word in die eetkamer teen ekstra koste bedien en moet vooraf bespreek word.

Daar is ook 'n swembad, maar dis egter tussen 15 April en 30 September met 'n seil bedek. Daar is swemhanddoeke in die kas en 'n braai is op versoek beskikbaar. Daar is veilige parkeerplek agter 'n elektriese hek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 178 Club gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za