189 Casa Del Playa
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 4 Jun 2024 tot 27 Jun 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dassen Island-rylaan 189, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
-
Vanaf
R6 050R4 033 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
189 Casa Del Playa is 'n minimalistiese selfsorgeenheid met 'n omsetter op die onderste verdieping van 'n woonhuis in Pearl Bay, Yzerfontein. Die huis is oorkant die pad van die strand geleë en hiér kan gaste die buitelewe geniet, op die strand gaan stap, visvang of sommer net ontspan. Neem 'n piekniekmandjie af strand toe en bewonder die pragtige sonsondergang.
Die eenheid op die onderste verdieping bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 ruim en smaakvol versierde en suite-slaapkamers met storte in die badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en die ander 3 slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n uitsig oor die tuin. Die beddens is met wit linne oorgetrek en badhanddoeke word voorsien. Elke slaapkamer het ook 'n strandsak met strandhanddoeke.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Daar is 'n kaggel, slim-TV met Netflix, boeke en speletjies in die leefarea. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas en 'n mikrogolfoond toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Daar is sitplek vir 10 gaste by die etenstafel.
Die leefarea het stapeldeure wat na 'n kuier- en braai-area buite lei, waar daar 'n houttafel met sitplek vir 8, stoepmeubels en sambrele is.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Portugees
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Paula Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Dassen Island-rylaan 189, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink 189 Casa Del Playa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dassen Island-rylaan 189, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap