19 Beach Road
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-weg 19, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
19 Beach Road is net 90 m vanaf die strand in Melkbosstrand geleë en bied heerlike oornagverblyf in smaakvol versierde gastekamers. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat 'n romantiese wegbreek soek of vir sakereisigers.
Verblyf word in 7 slaapkamers, waarvan 1 pragtige see-uistigte het, gebied. Elke kamer bied slaapplek aan 2 gaste. Die kamer met 'n see-uitsig het 'n koninggrootte-bed en al die ander kamers het elk 'n koningingrootte-bed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Skoon, wit linne en badhanddoeke word voorsien.
Verder het die kamers ook lugversorging, 'n TV met DStv, 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Gratis WiFi is beskikbaar. Sommige kamers het 'n sitarea en 'n lessenaar terwyl ander na 'n balkon of die lieflike tuin lei.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike sitarea en sonnige stoep met uitsigte. Gaste het toegang tot parkeerplek in die straat voor die verblyf. Die verblyf is sowat 3 km vanaf Little Bay Beach en Atlantic Beach Links, 10 km vanaf Table Bay Mall, 18 km vanaf Cape Town Ostrich Ranch en 29 km vanaf die V&A Waterfront wat 'n verskeidenheid besienswaardighede, aktiwiteite en restaurante bied.
Kenmerke
Geriewe
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Delia Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 22
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Beach-weg 19, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
- Gaste dink 19 Beach Road het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Melkbosstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-weg 19, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom