LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by 2 Oceans Apartments | LekkeSlaap
+28

2 Oceans Apartments

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11 Dhow Straat, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

2 Oceans Apartments is geleë in die windbeskutte Sun Valley tussen twee oseane. Twee stylvol versierde ateljeewoonstelle wat ingerig is vir selfsorg net 20 tot 30 minute se ry van Kaapstad se sakekern af. Ons gastehuis pronk tussen die wonderskone wit duine van Noordhoek se Long Beach en Vishoek se gewilde strand - dit is die perfekte blyplek vir jou vakansie in die Kaap!

Ons eenkamerwoonstelle is goed ingerig en 33 m² groot. Die woonstelle is ooreenstemmend versier en is baie lugtig en opgewek. Albei front op die tuin en die groot, sonverhitte swembad en spog met 'n uitsig na Chapman's Peak.

Elke eenheid (woonstel 1 en 2) is oopplan en het 1 koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens met hoë-kwaliteit matrasse en beddegoed vir jou gerief. Die linne is met sorg uitgekies en verseker 'n goeie nagrus. Die groot slaapbank in dieselfde kamer (160 x 200 mm) akkommodeer 2 kinders en bababeddens is beskikbaar op versoek.

Altwee badkamers is toegerus met storte en handdoeke word voorsien. Elke kombuisie is toegerus met 'n vries/yskas, mikrogolf, 2 warmplate, ketel, koffiemasjien, broodrooster, eetgerei, breekware, potte, panne, bakke, 'n tafel en stoele.

Elke woonstel het 'n TV met DStv Compact en 'n privaat kluis. Daar is gratis WiFi in elke eenheid. Braaigeriewe langs die Gazebo met kussings en "fairy lights" naby aan die swembad.

Ons onderneming is nie-rook, maar jy is welkom om 'n dampie in die tuin te maak. Troeteldiere word nie toegelaat nie. 'n Wasgoeddiens kan voorsien word. Gholftrollies is te huur teen baie goeie tariewe. Bekostigbare vervoer na die lughawe, toere en motorhuur kan ook gereël word. Die akkommodasie is veilig en elke eenheid het sy eie ingang en parkering van die straat af.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir 2 Oceans Apartments
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • 11 Dhow Straat, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink 2 Oceans Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11 Dhow Straat, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk1YWI4MTExLWY0ZmEtNGY4NS04ZjU5LTkyZGIwMTc1MjkxMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 5 11 Dhow Street Noordhoek 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.12146 18.39356
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!