2 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- 2 gaste
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 163 Beach Road, Mouille Point, Cape Town, 8001, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
205 New Cumberland is ’n selfsorgwoonstel in ’n veilige gebou in Mouille Point, Kaapstad. Die gebou is net ’n skilderagtige rit vanaf ’n verskeidenheid trekpleisters op die Atlantiese kuslyn.
Dié woonstel is op die tweede verdieping en het 1 slaapkamer met ’n koningingrootte-bed en groot ingeboude kaste met oorgenoeg pakplek. Daar is ’n badkamer met ’n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is ook beskikbaar en is toegerus met ’n elektriese stoof, mikrogolfoond, yskas, ketel, broodrooster en strykgeriewe. Daar is ook ’n wasmasjien en ’n tuimeldroër.
Die aangrensende sitkamerarea het ’n TV met sekere DStv-kanale, ’n gemaklike rusbank, lessenaar, ’n mini kroeg-area, asook ’n etenstafel met gedeeltelike see-uitsigte en ’n uitsig oor die Urban Park. Gratis, vinnige WiFi is beskikbaar. Die gebou het ’n restaurant op die grondvloer, ’n hysbak en veilige parkeerplek met toegangsbeheer, asook toegangsbeheer tot die gebou.
Green Point Park, Kaapstadstadion, kroeë, restaurante en die Seepunt-promenade is na aan 205 New Cumberland en die V&A Waterfront en die middestad is ’n kort entjie se ry van die verblyf af. Gaste kan ook fietse huur op die promenade en hier draf of fietsry. Daar is ook gerieflike openbare vervoer en 'n 24 uur-geriefswinkels sowat 50 m van die eenheid af.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Paul Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 72
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- 163 Beach Road, Mouille Point, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink 205 New Cumberland het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
163 Beach Road, Mouille Point, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Sien kaart- 2 gaste
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang