24/7 Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

24/7 Guest Lodge is aan die voet van die Magaliesberg geleë en dit spog met asemrowende uitsigte. Die akkommodasie is op 'n kleinhoewe 10 km buite Rustenburg op die Sun City-pad geleë. Ons het 3 selfsorg-eenhede en ons nooi gaste uit om by ons aan te klop vir 'n rustige wegbreek ver van die stad se rumoer af. Ons eenhede is gerieflik en ruim en ten volle toegerus.

Eenheid 1 is 'n selfsorg-eenheid vir 2 tot 4 persone, 2 volwassenes en 2 kinders. Dié kamer is toegerus met 'n en suite-badkamer, 'n koninggrootte-bed en ekstra beddens kan bygevoeg word op versoek. Daar is ook DStv en lugversorging in die eenheid beskikbaar.

Eenheid 2 het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed met 'n en suite-badkamer en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en sy eie en suite-badkamer. Indien nodig, kan nog 2 beddens bygevoeg word. Die eenheid het 'n ekstra badkamer met 'n bad. Elke kamer het ook sy eie lugversorger.

Eenheid 3 beskik oor 2 kamers, maar daar is net 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 driekwartbeddens. Dit is uiters gerieflik vir 'n gesin. Die eenheid is ook ten volle toegerus en privaat met 'n betonheining om die eenheid. Elke vertrek het dakwaaiers en die hoofslaapkamer het lugversorging.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 24/7 Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za