24 Villa Marina
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Beach Road, Mouille Point, Mouille Point, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R4 186 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
24 Villa Marina is 'n stylvolle en moderne selfsorgwoonstel in Mouille Point. Dis loopafstand van die V&A Waterfront en verskeie gewilde seekant-restaurante. Die woonstel is op die vierde verdieping en nie kindervriendelik nie.
Dié luukse tweeslaapkamerwoonstel het ook 2 badkamers en bied slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ondervloerverhitting, 'n waaier, 'n digitale kluis en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en verhitte handdoekreëlings. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Dié kamer maak ook gebruik van die aparte badkamer wat met 'n stort en bad ingerig is.
Die woonstel het ook 'n oopplan-kombuis, sitkamer en eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, 'n Nespresso-koffiemasjien en 'n mikrogolf. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n 3 sitplek-bank, platskerm-TV met volledige DStv en 'n Apple-TV. Onbeperkte WiFi is ook beskikbaar.
Die leefarea spog met venstersitplek waar gaste lieflike see-uitsigte kan geniet en daar is groot skuifvensters wat die buitelug innooi. Verder is daar 'n aparte studeerkamer met 'n elektroniese klavier en see-uitsigte. 'n Aangewese parkeerplek word in die ondergrondse motorhuis voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Esta-Marita Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 9
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 39 Beach Road, Mouille Point, Mouille Point, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink 24 Villa Marina het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Beach Road, Mouille Point, Mouille Point, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang