26 La Mer - Ground Floor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ontsnap na die rustigheid van hierdie luukse seekantwoonstel met 2 slaapkamers en 2 badkamers op die grondvloer aan KwaZulu-Natal se kus. Illovo Beach is 'n stil, ongerepte kusdorpie sowat 30 minute suid van Durban. Besoekers kom hierheen vir die soel weer regdeur die jaar en die Indiese Oseaan se tropies waters.

26 La Mer het asemrowende uitsigte oor die see, is ten volle gemeubileer en het 1 dubbelkamer (en suite), een 2-enkelbedkamer en 'n ruim oopplan-kombuis-, sitkamer- en eetkamer. Die hoofslaapkamer en sitkamer het direkte toegang tot 'n breë terras met 'n 180º-uitsig oor die see, buitelugmeubels en 'n gasbraaier.

'n Pragtige, 4 km lange strand lê teen die warm Indiese Oseaan weerskante van La Mer. Die strand is bereikbaar via 'n privaat hek net 'n paar minute se stap van die woonstel af. Hier kan besoekers na hartelus visvang, swem in waters wat deur haainette beveilig word, sonbaai en sandkastele bou. Die strandmeer by die Lovu-riviermonding is ideaal vir voëlkyk en kanovaarte.

La Mer word goed onderhou: die tuine is welig en die swembad skitter. Daar is ook 'n kinderswembad, braaigeriewe en 'n klubhuis. Verder het die kompleks 24 uur-sekuriteit, onderdakparkeerplek vir 1 motor en genoeg parkeerplek vir besoekers. Die hoofsnelweg langs die kus is buite sig en hoorafstand, maar net 10 minute se ry van jou af en lei na van Suid-Afrika se beste wildparke, duikplekke, natuurreservate, gholfbane en ander besienswaardighede langs die kus.

Neem asb. kennis dat rook verbode is binnenshuis en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

'n Bespreking by 26 La Mer - Ground Floor sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 26 La Mer - Ground Floor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 995 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za