4 gaste
2 slaapkamers
3 beddens
2 badkamers
- 4 gaste
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Piesang Valley Road, 29 Riverclub Villas, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
29 Riverclub Villas is in The Riverclub geleë en staan as wonderlike, gesinsvriendelike verblyf in die hartjie van Plettenbergbaai bekend. Dit word deur die Piesangvallei omring en is die ideale basis vir vakansie met sy parktuine, groot, skaduryke bome en veilige, geplaveide strate. Dit is ook net 'n kort entjie van die strand af. Hier is 24 uur-sekuriteit, 'n swembad, tennisbane en muurbalbane.
Die woonstel bied verblyf aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak. Die kamer het ook 'n deur wat na die stoep lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoof-badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien en jy moet asb. jou eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, wasmasjien, eetgerei en breekware. Daar is 'n toonbank met stoele. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.
Daar is onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en 'n klein sleepwaentjie.
Dít is wat jy hier sal kry
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
Ligging
© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors
Tariewe en beskikbaarheid
Wat jy moet weet
- Selfsorg
Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke bring.
Troeteldiere word nie toegelaat nie.
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |