3 On Bayview
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 28 Apr 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-rylaan 3, Bayview-woonstel, Gonubie, 5256, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 650R1 320 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
3 On Bayview spog met ‘n prentjiemooi idilliese ligging op Gonubie se baai en bied gerieflike selfsorgverblyf aan 6 gaste net 50 m van die oseaan af. Die hoofstrand wat slegs 900 m en ‘n vinnige stap oor die Boardwalk is, kan vanaf die woonstel se balkon besigtig word.
Die woonstel het 'n 180°-uitsig oor die see en word via trappe bereik. Die woonstel is ontwerp om ruimte te skep en beskik oor 2 luukse slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en ruim sitarea met gemaklike banke. Daar is 'n omsetter vir die TV en WiFi.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelslaapbank en bied toegang tot die balkon. Die kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n enkelslaapbank in die sitarea. Die tweede badkamer het 'n stort en toilet. Perkaallinne word voorsien. Gaste moet net hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met opwasgeriewe, 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, Nespresso-masjien, 'n ketel, eetgerei en breekware en maaltye kan by die eetkamertafel geniet word. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen ekstra koste beskikbaar.
Gaste kan in die ruim sitarea voor die TV met volledige DStv en Netflix ontspan en daar is gratis WiFi. Die sitarea bied toegang tot 'n balkon met 'n etenstafel en braaigeriewe, asook 'n uitsig oor die see.
Die woonstel het 'n privaat ingang en daar is veilige parkeerplek in die motorhuis, asook parkeerplek vir 'n sleepwa agter hekke, op die perseel.
Daar is twee plaaslike restaurante binne loopafstand, en die Gonubie Hotel is slegs ‘n klipgooi van die woonstel. Aktiwiteite in die area sluit swem, stap, fietsry en visvang in. Die eenheid is minder as 15 min se ry van Oos Londen af, met al sy winkels binne jou bereik.
Slaapplek
’n Bespreking by 3 On Bayview sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Nadia Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 37
Jaar gelys 3
Ligging
- Deary-rylaan 3, Bayview-woonstel, Gonubie, 5256, Oos-Kaap
- Gaste dink 3 On Bayview het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gonubie Oos-Londen Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deary-rylaan 3, Bayview-woonstel, Gonubie, 5256, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom