Shaka's Rock Akkommodasie by 3 Siesta | LekkeSlaap
+9
+9

3 Siesta

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusrylaan 76, Shakas Rock, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

3 Siesta is 'n rustige, ruim selfsorgtuinwoonstel in die veilige Siesta-kompleks in Shakas Rock. Thompsonsbaai se strand is oorkant die pad en word maklik via 'n paadjie bereik. Dié strand word reg deur die week deur lewensredders beman en spog met die bekende 100 m Thompsonsbaai-getypoel. Die kompleks is 5 minute se ry van Ballito se middedorp, gewilde restaurante en ander geriewe af.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplankombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het 'n uitsig oor die oseaan. Die tweede slaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en maak gebruik van die hoofbadkamer langsaan wat 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak het. Albei slaapkamers het lugversorging en plafonwaaiers. 'n Dubbel-opblaasmatras kan op versoek in die sitkamer gesit word vir 2 ekstra gaste.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, wasmasjien, tuimeldroër, yskas-vrieskas, eetgerei, glasware en kookgeriewe. Die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv-Premium, 'n plafonwaaier en daar is 'n lieflike briesie wat op die meeste dae deur die skuifdeur waai. Dié skuifdeur bied toegang tot 'n tuin wat na die see front. Daar is 'n tafel, bankies, stoele, 'n ingeboude braai en 'n ketelbraai in die tuin en dit 'n bied asemrowende uitsig op die see en die sonsopkoms.

Die Siesta-kompleks is veilig en het 'n gemeenskaplike swembad.

Slaapplek

’n Bespreking by 3 Siesta sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir 3 Siesta
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kusrylaan 76, Shakas Rock, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 3 Siesta het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusrylaan 76, Shakas Rock, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAADBLcnyK1w84hLSFfgwpYZDVSzOTBAntA721bzrvJd5r5CVrMHt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 76 Ocean Drive Shakas Rock 4399 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.518666666667 31.227416666667
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za