Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

31 The Village

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandsingel, The Village 31, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

31 The Village is 'n selfsorgwoonstel in Houtbaai, een van Kaapstad se kusbuurte. Dit is ideaal geleë en is sowat 20 minute se ry vanaf die middestad en alle top toeriste-besienswaardighede. Houtbaai het 'n plattelandse atmosfeer en is omring met 'n blou oseaan, asemrowende bergreekse en eklektiese winkels en restaurante.

The Village-woonstelblok is in die hartjie van Houtbaai reg langs die hoofstrand geleë en is omring met winkels, restaurante, koffiewinkels en ontbytplekke. Die strand is net 'n paar meter weg.

Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n wasmasjien, skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 en die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea en hoofslaapkamer se deure lei na 'n beskutte balkon met stoepmeubels en 'n uitsig oor die strand en see. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit, 'n groot verhitte swembad binnenshuis, 'n hysbak na al die verdiepings, veilige kelderparkeerplek en 'n plantryke binnehof.

Slaapplek

’n Bespreking by 31 The Village sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 2 resensies vir 31 The Village
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Strandsingel, The Village 31, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Gaste dink 31 The Village het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandsingel, The Village 31, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9c6a03ed856d1a60ad4f4eba53a9871c64568054ac04bdb891af6505093ddd6e75f53ef46856f2b82e3fdd363ca7a42e79a5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 Beach Crescent 31 The Village 7806 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.046263 18.359386