36b Oos

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

36b Oos is 'n pragtige vakansiehuis in die bekoorlike kusdorpie, Stilbaai. Die dorpie skuil aan die oewers van die Goukou-rivier en spog met lang strande en 'n verskeidenheid see- en voëllewe.

Dié smaakvol gemeubileerde, dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en bied verblyf aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die laasgenoemde 2 slaapkamers maak gebruik van 1 badkamer en 'n aparte toilet. Die leefarea op die boonste vloer het 2 enkelbeddens.

Daar is 'n ruim en goed toegeruste kombuis, asook 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien en diepvrieskas. Die oopplan-speelarea is op die boonste verdieping en lei na 'n lieflike dek met pragtige uitsigte.

Trekpleisters en doendinge in die area sluit Stilbaai Gholfklub, voetslaanroetes, Stilbaai strande, swem, branderplankry, visvang, hengel en kanoevaart in.

Slaapplek

'n Bespreking by 36b Oos sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 36b Oos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false